Baba & Kleuter

STAAK DIE BYT, KNYP EN SLAAN

-

Met dié tegnieke behoort jy jou kind se kwaai gedrag hok te kan slaan. • Bly kalm en ferm terwyl jy sê: “Ons byt nie!” of “Byt maak seer.” Dis eenvoudige frases wat jou peutertjie ook maklik kan verstaan. • As jou kleuter ontsteld raak oor jou stemtoon of as hy besef hy het sy maatjie seergemaak, gee hom kans om te bedaar en bied dan alternatie­we vir sy gedrag aan, soos iets wat hy kan sê pleks daarvan om sy vriende of jou seer te maak. • Help jou kind om sy emosies uit te druk. Gebruik toepaslike woorde om aan hom terug te kaats wat hy voel, sodat hy kan leer hoe om hom self op die regte manier uit te druk. • Bied ’n alternatie­we uitlaatkle­p vir sy frustrasie, soos dat hy ’n kussing slaan pleks van ’n mens, of dat hy soos ’n leeu brul pleks daarvan om te skree. • Leer jou kleuter om beurte te maak met sy speelgoed deur self beurte te maak sodat hy leer dat dit is hoe dinge werk. • Gee eerste aandag aan die “slagoffer”. Dit wys vir jou kind dat hierdie soort gedrag hom nie gaan help om aandag te kry nie. Dit sal die kans verklein dat hy weer so optree. • Hou jou reaksie konsekwent. As jy dit een keer ignoreer, sal jou kind dink sy gedrag is wel soms aanvaarbaa­r. • Moenie terugkap deur jou kind terug te byt, slaan of knyp nie. Dit versterk net sy gedrag omdat dit die boodskap stuur dat fisieke aanvalle ’n aanvaarbar­e manier is om konflik en ongelukkig­heid te hanteer. • Hou hom dop om vas te stel of daar patrone of snellers vir sy gedrag is. Jou kind tree dalk so op wanneer hy moeg of honger is. • Beperk blootstell­ing aan geweld en fisieke aggressie op televisie, in boeke en in speletjies, of skakel dit heeltemal uit. • Dis baie belangrik dat jy die toepaslike gedrag uitleef sodat hy daaruit leer en jou voorbeeld volg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa