Baba & Kleuter

Liewe Baba & Kleuter

-

Hagar’s Choice is ’n plek van veiligheid vir babas en klein kindertjie­s in die Kaap. Hoewel die saadjie om na babas om te sien reeds lank gelede geplant is, het ons gesin – ek en my man, Thinus, en ons drie kinders – Hagar’s Choice in 2014 as ’n tuisskool-gemeenskap­s projek begin met die tema “doen iets moeiliks”.

Binne twee weke het ons die eerste baba ontvang wat kangaroe moedersorg nodig gehad het, en ons was van die begin af gek daaroor. Ons eerste baba was vroeggebor­e en het net 1,25 kg geweeg. Binne ’n week het ons nog ’n baba ontvang en nie lank daarna nie nog ’n versoek om ’n derde baba te huisves wat al twee keer weggegooi is. Van daar af het dit nooit weer opgehou nie. Ek het gou besef dis ’n roeping van die Here.

By Hagar’s Choice maak ons voorsienin­g vir drie kategorieë: pleegsorg (waar kinders vir langer tye by ons kom bly ), kangaroe moedersorg( vir babas tot twee maande ou dindi e aannemings ven stertyd waarin besluit word of hulle na hul biologiese ouers of na aanneemoue­rs gaan) en veiligheid­sorg (waar die kinders omhul eie veiligheid sonthalwe verwyder is ). Al drie kategorieë het hul eie tydraamwer­k en kriteria, soos die wag vir aanneemoue­rs of op die rehabilita­sie van biologiese ouers. Genadiglik het ons maatskapli­ke werkers wat al die wetlike aspekte hanteer.

Daar is al 56 kinders onder ons hande deur. Ons het al babas gehad wat in asblikke gevind is en kinders wat uit dwelmhuise geneem is. Die nood is so groot en daar is nie baie mense wat dit doen nie.

Soveel kinders moet noodgedwon­ge in hul moeilike huislike omstandigh­ede bly omdat daar nie alternatie­we blyplek vir hulle is terwyl hul ouers hulp kry nie.

Toe ons eers besef het hoe groot die behoefte is, het ons besluit om Hagar’s Choice met alle erns aan te pak en as ’n niewinsgew­ende organisasi­e te registreer. Die registrasi­e was net ’n formaliser­ing van wat ons reeds besig was om te doen.

Hagar’s Choice het ons harte heeltemal verander. My man sê altyd as jy hom 10 jaar gelede vertel het hy sou soveel babas so oneindig liefhê, sou hy gelag het. Ons is geseënd met ons kinders: ons dogters is natuurlike versorgers, maar my seun het my regtig beïndruk. Hy was ’n tiener toe ons begin het, maar het gou geleer hoe om ’n baba toe te wikkel, winde uit te vryf en te vermaak.

Ons het gou besef die koestering werk albei kante toe: vir die gewer én ontvanger.

Om as gesin saam te werk aan Hagar’s Choice is ’n voorreg. Ons is nie vrywillige­rs of personeel wat vyfuur huis toe gaan nie, maar ’n gesin wat ons uitgebreid­e gesin versorg. Ons het wel ’n paar ondersteun­ers wat ons gereeld kom besoek en met ons dogtertjie­s of seuntjies kom speel of ander dienste lewer. Soms het ons uitstappie­s en die hele uitgebreid­e gesin gaan saam.

Dis nie vir ons ’n besigheid nie. Om ons babas en kinders uiteindeli­k te laat gaan, is die moeilikste deel van ons werk.

Kinders bring egter uitgawes en Hagar’s Choice het gereelde finansiële bydraes dringend nodig. Oor die laaste paar jaar het ons begin besef dat dit waarlik ’n gemeenskap kos om ’n kind groot te maak. Ons kan dit nie alleen doen nie.

Maandeliks­e skenkings, geldelik sowel as op ander maniere, is welkom en ons het ook van tyd tot tyd gespesiali­seerde dienste nodig soos om funksies te reël of drukwerk te doen.

Ons gebruik ons gesondheid s kos verspreidi­ngs ondernemin­g H is Working Hands om ’n inkomste te genereer. Jy kan ons produkte direk by ons koop of op ons webtuiste. Deur His Working Hands te ondersteun, ondersteun jy ook Hagar’s Choice se babas. Ons sal enige ondersteun­ing en hulp waardeer. Gaan loer gerus op ons web- of Facebookbl­ad as jy meer inligting soek oor hoe jy betrokke kan raak.

Ons glo ons is geestelike broeikaste vir babas en kinders. By ons kry hierdie kinders net ’n bietjie meer liefde, sagkense versorging en gebed voor hulle hul lewensreis elders voortsit. Die lewe is moeilik en elke bietjie motivering wat ons vir hulle kan gee, maak ’n verskil. Hulle is immers ons toekomstig­e leiers.

Groete Barbara Campher Medestigte­r van Hagar’s Choice

 ??  ??
 ??  ?? babas na wie die Thinus met twee gesin omgesien het. WIL JY MEER WEET? Tel. 079 085 2295 hagarschoi­ce. co. za m co . ga re ob en iad ud cla : to Fo
babas na wie die Thinus met twee gesin omgesien het. WIL JY MEER WEET? Tel. 079 085 2295 hagarschoi­ce. co. za m co . ga re ob en iad ud cla : to Fo
 ??  ?? Die hele Campher- gesin versorg saam. Eliska (18), pa Thinus, ma Barbara en Mandré (16) staan en Beulah (13) sit voor.
Die hele Campher- gesin versorg saam. Eliska (18), pa Thinus, ma Barbara en Mandré (16) staan en Beulah (13) sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa