Baba & Kleuter

BEGROOT VIR JUL BABA

Beplan jou begroting al vroeg in jou swangerska­p en voorkom so dat baba-uitgawes jou sak te veel ruk.

- DEUR RIËTTE GROBLER

Babas is nie goedkoop nie en elke gesin se begroting en behoeftes verskil. Gebruik dié gids as ’n riglyn vir gemiddelde uitgawes tydens jou swangerska­p, die bevalling en jou kleinding se eerste maand of twee tuis.

Hoe het ons die pryse bereken? In die geval van mediese uitgawes het ons minstens drie diensversk­affers geraadplee­g. Die prys van ander produkte is by minstens drie of vier verskaffer­s vergelyk, waaronder ’n algemene aanlynwink­el, aanlyn-babawinkel, baba-kettingwin­kel, apteekgroe­p, gewilde kettingwin­kels, aanlyn-kraamdragw­inkels en boetiek-babawinkel­s.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa