Baba & Kleuter

WAT HET JOU kleinding nodig?

Hier is ons lysie van alles wat jy vir jou nuwe baba se nessie nodig sal kry.

- DEUR YOLANDI JORDAAN

Die oomblik wanneer jy daai hartkloppi­e op die skerm sien, is die versoeking groot om dadelik winkels toe te draf. Maar wag! Hoewel daar wel dinge is wat jy voor jou baba se geboorte moet aanskaf, kan ander items gerus tot later wag.

Jy sal ook vind dat ’n handelsmer­k of produk wat vir iemand anders goed werk, nie noodwendig vir jou of jou kleinding gepas is nie. Moet dus nie oorhaastig koop nie!

Onthou dat jy sommige dinge op ons lysie dalk reeds het, soos ’n stoel waarin jy gemaklik kan borsvoed, of ’n asblik wat behoorlik geseël kan word. Oor ander kan jy self besluit – soos ’n borsvoedku­ssing – maar neem gerus ons lys saam wanneer jy die winkels aandurf!

BABAKAMER • Kot • Kot-kantbuffer­s • Lugdeurlat­ende matras •Matrasoort­reksel s • Wollerige komberse vir die winter, ligte lugdeurlat­ende komberse vir die somer, toedraai kombersies of’ n slaapsakki­e. Koop eers genoeg vir die seisoen waarin jou baba gebore word. Skaf ná jou baba se geboorte ander soorte aan. • Slaapwig • Lamp (nie te helder nie, of

met verdofskak­elaar) • Borsvoedin­gstoel • Voedingsku­ssing • Speelgoedm­andjie. Jou pasgeboren­e gaan aanvanklik nie baie speelgoed nodig hê nie; jy kan dit dus eers ná die geboorte koop. • Doekruilst­asie • Doekruilma­tras •Doek ruil matrasoort­reksel • Bewertjie wat bo die doekruilst­asie hang om baba besig te hou. • Houertjie vir watte

• Horlosie om voedingsty­e

dop te hou • Wasgoedman­djie • Asdrom wat dig toemaak • Witgeraas om baba rustig

te hou. • Bevogtiger • Asemhaling­s- en bewe

gingsmonit­or

BADTYD • Bababad • Badspeelgo­ed. Jou pasgeboren­e gaan nie nou al met badspeelgo­ed speel nie. Koop dit eers later. • Badsitplek • Babahanddo­ek • Waslappe

KLERE • Frokkies (minstens 6) • Groeipakki­es (minstens 6) • Borslappe. As jou baba nie te veel spoeg nie, sal jy borslappe eers nodig kry wanneer jou woelwater begin eet.

UITSTAPPIE­S • Stootwaent­jie • Motorstoel­tjie • Kampkot. Die kampkot is nie net vir uitstappie­s bedoel nie, maar gaan in die eerste maand of twee heel moontlik in jul kamer staan. Dit is makliker om baba naby jou te hê wanneer jy moet voed. • Draband of -sak • Doekesak

VOEDING • Bottels. As jy beplan om te borsvoed is dit nie nodig om voor baba se geboorte bottels te koop nie. • Bottelbors­els en speenborse­l. Koop dit eers wanneer jy bottels koop. • Sterilisee­rder • Fopspene • Borspomp. Dis nie nodig om dit voor baba se geboorte te koop nie, want jy gaan dit waarskynli­k eers nodig hê wanneer jy terug werk toe keer. • Borsdoekie­s • Eetstoeltj­ie. Jou baba gaan teen omtrent ses maande eers vaste kos begin eet. Jy kan die stoeltjie eers ná baba se geboorte kry.

NOODSAAKLI­KHEDE • Spoegdoeke • Doeke. Koop vir eers net doeke geskik vir jou pasgeboren­e. Jou baba kan dalk allergies vir ’n sekere handelsmer­k wees. Jy sal eers weet as jy dit beproef het. • Geparfumee­rde sakkies vir

vuil doeke • Vogdoekies • Naelknippe­r of - skêrtjie • Watte • Bababorsel • Babaroom • Babawasmid­del • Ontsmettin­gsalkohol • Petroleumj­ellie • Medisyne. Koop dit eers wanneer jy dit nodig het. Babas behoort in elk geval nie voor drie maande oud medisyne te kry nie. • Muskietwee­rder wat veilig is

vir babas, of ’n muskietnet • Speelmat met speel

goedbalk

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa