KRY JUL BEUR­SIE REG VIR BA­BA

Sorg­vul­di­ge be­plan­ning is die sleu­tel tot fi­nan­si­ë­le se­ku­ri­teit wan­neer ba­ba kom.

Baba & Kleuter - - DOSSIER GELDGEREED VIR BABA - DEUR RIËTTE GROBLER JO­NA­THAN BRUMMER VAN SMUGMONEY C­HAR­NÉ VAN DER WALT VAN LE­MONS IN­TO LE­MO­NA­DE

Dit is ’n ver­ry­ken­de er­va­ring om kin­ders te hê. Maar dit help nie om doe­kies om te draai nie: Dit is duur ook.

Voor­uit­be­plan­ning en ’n fi­nan­si­ë­le plan kan jul­le op die duur stres en on­no­di­ge on­kos­te be­spaar, sê Jo­na­than Brummer van SmugMoney, ’n fi­nan­si­ë­le-be­plan­nings­diens.

“Om ’n ba­ba te hê is ’n groot stap en voor­ne­men­de ou­ers be­hoort hul geld­sa­ke vóór die swan­ger­skap al uit te pluis,” sê hy.

KRAAM­VER­LOF

In Suid-A­fri­ka is vroue op vier maan­de kraam­ver­lof ge­reg­tig. Werk­ge­wers word nie wet­lik ver­plig om jou vir dié tyd­perk te be­taal nie, en dis hier waar daar­die noodfonds be­lang­rik word.

Jy is ook daar­op ge­reg­tig om aan­soek te doen vir werk­loos­heid s ver­se­ke­ring as jy deur mid­del van jou sa­la­ris tot die Werk­loos­heid s ver­se­ke­rings­fonds( WVF) by­ge­dra het, sê C­har­né.

“Hoe­veel jy gaan uit­kry hang af van fak­to­re soos hoe lank jy al werk en wat die in­kom­ste is waar­op jy werk­loos­heid s ver­se­ke­ring by­ge­dra het .”

Jy moet aan­soek doen om werk­loos­heid s ver­se­ke­ring so­dra jou kraam­ver­lof be­gin.

As jy be­dank, kan jy nie eis nie.

AS JY WIL OP­HOU WERK

“Doen voor die tyd die som­me so­dat jul­le ’n plan van ak­sie ge­reed het as jy oor­weeg om op te hou werk. Dit kan in­sluit om de­biet­or­ders te skuif na die wer­ken­de ou­er se bank­re­ke­ning,” sê C­har­né. “’n Plus­punt is as al­bei ou­ers se mo­tors (of min­stens een mo­tor) af­be­taal is en jul­le geen kort­ter­myn­skuld het nie.”

Neem die vol­gen­de fak­to­re in ag om vas te stel of jul­le die fi­nan­si­ë­le ri­si­ko kan waag: die groot­te van die nu­we broodwinner se in­kom­ste teen­oor die een wat op­hou werk s’n; die ma­te waar­in die een wat op­hou werk se in­kom­ste by­dra tot die huis­hou­ding; an­der be­lang­ri­ke uit­ga­wes soos jul me­die­se fonds; en ver­an­de­rin­ge wat jy aan jou be­gro­ting kan maak, soos ’n doel­be­wus­te be­sluit om min­der luuks­he­de te koop. Doen dit reeds vóór ba­ba kom so­dat dit nie ’n skok is wan­neer jy min­der kan be­kos­tig nie.

BA­BA SE EER­STE KAR

“As ou­ers ’n paar ek­stra rand in hul be­gro­ting het ná al die an­der uit­ga­wes, is ’n be­leg­ging in hul kind se naam ’n goeie i­dee,” sê Jo­na­than. “Dit kan jou kind la­ter help om ’n kar te koop, of kan selfs as de­po­si­to op ’n eiendom ge­bruik word.”

Hy raai ou­ers af om be­las­ting­vrye spaar­re­ke­nin­ge in hul kin­ders se naam oop te maak.

“Dit ont­neem kin­ders van die voor­deel wat hul­le la­ter daar­uit kan trek wan­neer hul­le eers ’n in­kom­ste ver­dien. ’n Ef­fek­te­trust is ’n be­ter plan.”

ONT­HOU VAN ÉÉNDAG

AFTREEFONDS “As ou­ers by hul af­tre­de­doel­wit­te hou, be­te­ken dit dat hul­le nie in la­ter ja­re on­no­di­ge fi­nan­si­ë­le druk op hul kin­ders plaas nie,” sê C­har­né. As jy ’n bie­tjie ag­ter is met be­plan­ning vir jou ou­dag, stel Jo­na­than voor jy ver­hoog die be­drag wat jy maan­de­liks vir jou af­tre­de spaar.

Maak se­ker jy kies die reg­te be­leg­gings­por­te­feul­je en hou die kos­tes laag.

LE­WENS­VER­SE­KE­RING “Ons ge­bruik ons ba­tes en in­kom­ste om ons uit­ga­wes te be­taal en om vir an­der doel­wit­te te spaar en be­plan,” sê Jo­na­than.

“Die doel van le­wens­ver­se­ke­ring is om se­ker te maak dat daar­die doel­wit­te steeds be­reik kan word as al­bei ou­ers sterf. As ’n ba­sie­se rig­lyn het jy 15 tot 20 keer jou jaar­lik­se in­kom­ste vir le­wens­ver­se­ke­ring no­dig.”

KOEBAAI, NU­WE KAR?

Of jy steeds daar­die nu­we mo­tor sal kan koop of op­knap­pings­werk aan jou huis sal kan doen wan­neer jy hoor ’n ba­ba is op pad, hang daar­van af of jy fi­nan­si­eel sterk is. Dít be­te­ken jy het geen lo­pen­de of kort­ter­myn­skuld nie, het ’n noodfonds, leef min­stens 30 per­sent on­der jou in­kom­ste­vlak en het lan­ger tyd om vir ba­ba te be­plan, sê C­har­né.

Jo­na­than voeg by ’n goeie fi­nan­si­ë­le plan is jou bes­te ba­te.

“Dit is ’n pro­ses waar­deur jy uit­vind wat jou doel­wit­te is en hoe jy te werk moet gaan om dit te be­reik. Dit verg ’n ge­dis­si­pli­neer­de be­na­de­ring waar lang- en kort­ter­myn­doel­wit­te teen me­kaar op­ge­weeg word.”

Pro­beer steeds be­groot vir ’n be­derf­geld­jie, soos ’n aand uit wan­neer ou­ma en ou­pa die ba­ba op­pas, sê C­har­né.

“Ge­sels o­pen­lik en op ’n po­si­tie­we ma­nier met me­kaar oor jul fi­nan­si­ë­le dro­me. Hou jul dro­me le­wen­dig, al kan jul­le dit nie da­de­lik be­kos­tig nie,” is C­har­né se raad.

Jy moet aan­soek doen om wer­k­loos­heids­ver­se­ke­ring so­dra jou kraam­ver­lof be­gin. As jy be­dank, kan jy nie eis nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.