Baba & Kleuter

LEER JOU BABA SLAAP

-

Babas is nie robotte nie en net wanneer jy dink jy het jou baba se slaappatro­on onder die knie, kan sy besluit om van roetine te verander – en al jou slim planne omverwerp!

Luister dus gerus na kenners se slaaprigly­ne, maar onthou altyd dat jou baba uniek is en dat jy die kenners se voorstelle sal moet aanpas om in jul spesifieke situasie te werk. • Leer jou baba ken. Sy het dalk baie drukkies en vertroetel­ing teen slaaptyd nodig – of dalk verkies sy dit om heeltemal sonder jou aandag te gaan slaap. Bou haar slaaproeti­ne om haar voorkeure. • Verstaan en ken die fases van die slaapsiklu­s ( kyk op die vorige bladsy). Verskuif jou baba net van een plek na ’n ander terwyl sy diep slaap. Lig haar sagkens op en plaas haar voete eerste op haar slaapplek. Jy kan haar lêplekkie vooraf met ’n warmwaters­ak warm maak as jy wil. • Die volgende stap om haar te help om onafhankli­k aan die slaap te raak, is om haar neer te lê terwyl sy nog net in ’n staat van ligte slaap is. Maak seker dat jy haar sagkens hanteer en geen rukbewegin­gs maak wat haar wakker kan laat word nie. Teoreties behoort sy in staat te wees om sonder jou hulp van ’n ligte slaap na ’n diep slaap oor te skakel. • Die volgende stap is om haar te voed en dan neer te lê terwyl sy nog in ’n lomerige staat is sodat sy kan begin leer hoe om heeltemal onafhankli­k aan die slaap te raak. Jy kan haar sagkens op haar ruggie tik en vertroos tot sy haar ogies toemaak, maar moenie weggaan voor sy nie ’n in ligte slaap verval nie. • Sodra jy dit reggekry het om haar in die lomerige staat in die bed te sit, kan jy die rustige staat probeer baasraak. Lê haar neer, maak haar ferm en stewig toe en tik haar ruggie liggies tot sy slaperig is. Gaan dan saggies uit. Omdat sy moeg is, jou vertrou en bekend is met haar omgewing kan sy dalk heel tevrede aan die slaap raak. Jy kan hierdie stap ook beproef terwyl jou baba in ’n stil wakker staat is en dit tyd is vir haar slapie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa