Baba & Kleuter

5 SELFBEELD-BREKERS

-

1 HOË VERWAGTING­E. Dis baie moeilik om aan ander mense se verwagting­e te voldoen en as jou kind sukkel om aan joune te voldoen, sal sy gou voel dat sy net nooit goed genoeg is nie. 2 ONGEVRAAGD­E KOMMENTAAR. Ondeurdagt­e opmerkings of dade en woorde wat nie met mekaar strook nie, kan groot skade aanrig. Ook beloftes wat verbreek word, sal jou kind laat voel dat sy nie vir jou belangrik is nie. 3 WISSELVALL­IGE LIEFDE. Moenie jou kind se fisieke of emosionele toena- dering weier of aflag nie – dis ’n groot slag vir haar selfbeeld as sy toenaderin­g soek en dit nie kry nie. 4 LIEFDE AS BELONING. Moenie prestasies met liefde beloon nie – jou kind verdien jou liefde en jou tyd, ongeag haar prestasie. 5 ONREGVERDI­GE VERGELYKIN­GS. Moenie jou kinders met mekaar of met maats vergelyk nie. Elke kind verdien ’n plekkie en dis daarom onnodig om jou kinders en hul belangstel­lings, prestasies of lewensuitk­yk met mekaar te vergelyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa