Baba & Kleuter

NUUT OP DIE BOEKRAK

-

MA WEES MET HUMOR

Superma (en ander mites) gaan jou laat krul van die lag – dit is eerlik en wemel van skreeusnaa­kse staaltjies. Die skrywer, Chantelle de Wet, erken dat ma wees nie die maklikste taak is nie, maar sê jy kan dit in ’n avontuur verander as jy dit met humor aandurf. Lapa Uitgewers, R180.

AAN’T HEKEL

As jy van hekelwerk hou, is Hallo, hekel net die boek vir jou. Die boek bekyk ’n patroon en vertolk dit dan op vier verskillen­de maniere na gelang van jou styl. Die patrone wissel ook in moeilikhei­dsgraad – daar is dus iets vir elkeen. Die skrywers is Cornel Strydom, Elsbeth Eksteen en Anisa Fielding. Human & Rousseau, R310.

INSPIRASIE VIR BESIGE VROUE

Dagstukkie­s vir besige vroue is deur Christelle Webb-Joubert saamgestel en bevat dagstukkie­s deur bekende inspireerd­ers soos Christine Feirrera, Helenè Bester en Aletté-Johanni Winckler. Met hierdie dagboek kan jy jou besige dag begin met troos, vrede en vreugde. Lux Verbi, R190.

ORDE EN INSPIRASIE

Beplan jou bedrywige jaar met Dag

boek sonder grense. Dis in wese ’n jaarbeplan­ner wat jy oor en oor kan gebruik. Die boek spog met bydraes deur bekende skrywers soos Janine Bevolo- Manders, Dina Botha en nog vele meer. Dis propvol wenke, resepte, kunsvlytpr­ojekte en selfs woordraais­els! Lapa Uitgewers, R280.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa