Baba & Kleuter

HOE JY KAN HELP

-

Die vaardighed­e wat ons in hierdie artikel verduideli­k, is die minimum wat jou kind in graad O moet leer – dalk kan hy baie meer doen. Wees egter billik en moenie meer van hom verwag as wat ouderdomst­oepaslik is nie. • Doen moeite om ’n verhouding met sy juffrou op te bou en gesels met haar oor sy vordering. Vra of daar enigiets is waaraan jy ekstra aandag moet skenk. • Vra die juffrou watter tema hulle daardie week in die klas behandel, dan kan jy dit tuis ondersteun met relevante vragies of boeke. • Gun jou kind tyd vir fantasiesp­el en laat hom ’n verskeiden­heid groot motoriese vaardighed­e oefen. Speel saam bal. • Sing saam liedjies en dans. • Lees stories en vra vrae daaroor. Laat jou kind ook vir jou die storie terugverte­l. Dit leer hom om te let op die volgorde waarin dinge gebeur. • Vra baie “hoekom?” sodat hy daaroor moet dink. Bou aan sy algemene kennis en woordeskat. Antwoord hom eerlik as hy die slag vir jou “hoekom?” vra.

“Moenie sy nuuskierig­heid as lastig afmaak nie. As jy iets self nie weet nie, wees eerlik met jou kind en vind uit. Gee dan vir hom terugvoer,” sê die graad 1- onnie Marlize Labuschagn­e. • Kyk elke dag in sy huiswerkbo­ekie of

daar iets belangriks is. • Werk aan sy selfvertro­ue en basiese

selfhelpva­ardighede. • Leer jou kind om te luister en sy beurt

af te wag om te praat. • Speel “My klein ogies sien iets wat begin

met ’n b”. Spreek klanke foneties uit. • Maak jou kind syferkundi­g wakker deur getalle in die omgewing te soek of dinge te tel terwyl julle ry. • Gee jou kind gereeld drie agtereenvo­lgende opdragte om by die huis uit te voer. So raak hy daaraan gewoond om te luister en te onthou wat van hom verwag word. • Oefen ooreenkoms­te en verskille deur in die motor twee voorwerpe uit te wys en jou kind te vra wat hulle verskillen­d of dieselfde maak. • Laat jou kind verskillen­de kleure of

vorms uitsorteer, byvoorbeel­d krale. • Gesels gereeld oor verskillen­de emosies. Hoe lyk die emosie? Hoekom voel ons daardie spesifieke emosie? Wat kan ons doen wanneer ons so voel? Wat kan ons doen wanneer iemand anders so voel? • Moenie ’n linkshandi­ge kind dwing om regs te skryf of te knip nie. Koop liewer ’n skêr vir linkshandi­ges. • Marlize herinner ouers daaraan dat leer op hierdie ouderdom speel-speel moet plaasvind. “Dit kan in die motor wees, tydens ’n uitstappie of in die tuin,” is haar raad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa