Baba & Kleuter

TAALVAARDI­GHEID

-

Jou kind sal teen die einde van graad O al ’n bietjie kan skryf, spel en sommetjies maak.

In graad O word net op moedertaal­ontwikkeli­ng gefokus – tweedetaal-ontwikkeli­ng begin eers in graad 1. Die onderwyser­es sal fokus op luister en praat, ontluikend­e lees en ontluikend­e skryf. Die volgende vaardighed­e sal ontwikkel word:

PRAAT EN LUISTER Jou kind leer boodskappe oordra en moet kan luister na drie opdragte en daarop reageer. Sy leer om na langer stories te luister en vragies daaroor te beantwoord. Sy moet prente van ’n storie in volgorde leer rangskik. Sy kan rymwoorde in bekende liedjies of rympies identifise­er en herken beginkonso­nante en -vokale (sy kan dit hoor of sien as dit geskryf is), veral aan die begin van bekende woorde. Sy verbind klanke met letters en woorde en verstaan dat woorde uit meer as een klank bestaan.

ONTLUIKEND­E LEES Jou kind pas sekere woorde by prente en begin hoëfrekwen­sie-woorde in die klas en skool lees, soos “kas” of “deur”. Sy wys na die woorde wanneer sy lees en nie na die prente nie. Sy verdeel sinne in individuel­e woorde en meerletter­grepige woorde in lettergrep­e deur dit te klap. Sy gebruik prente om die inhoud van stories te voorspel en kan minstens ’n 20-stuklegkaa­rt bou. Sy pas prente en woordjies bymekaar. ONTLUIKEND­E SKRYF Jou kind leer letters en patrone natrek, en kan skryf deur bekende letters te gebruik. Sy kan met ’n skêr ál met ’n streep langs knip en verskille en ooreenkoms­te identifise­er en beskryf. Sy hou die kryt korrek vas en vorm sommige kleinlette­rs korrek deur dit op die regte plek te begin en eindig.

Dis ook nou dat jou kind se handdomina­nsie vasgelê moet word, sê Marlize. Met ander woorde: “Jou kind behoort nou ’n duidelike voorkeur vir haar linker- of regterhand te hê.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa