Baba & Kleuter

WISKUNDE

-

Wiskundige begrippe sal speel- speel by jou kind gevestig word. Teen die einde van die jaar behoort jou kind al ritmies tot by 10 en agteruit te kan tel, in twees tot by 10 te kan tel en die verskil te verstaan tussen min en baie en minder of meer. Sy moet getalprent­jies tot by 10 kan herken (’n prentjie met 10 kolletjies op), die getalsimbo­le tot by 10 ken, asook die getalname kan herken. Sy behoort mondelings optel- en aftreksomm­etjies tot by 10 te kan doen. Sy moet patrone kan skep en nateken en moet vorms soos ’n sirkel, driehoek, reghoek en vierkant kan herken. Begrippe soos langs, tussen, links en regs moet bekend wees, en sy moet verstaan dat voorwerpe met ’n maatband gemeet kan word. Sy moet inligting kan versamel, sorteer, teken, lees en eenvoudig kan voorstel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa