Baba & Kleuter

AARBEI-EN-PIESANG KERSVADERS

-

BESTANDDEL­E

• 1 houertjie (400 g) aarbeie • 1 koppie (250 ml) natuurlike maaskaas of jogurt • 2 groot piesangs, in dik ringe gesny • ’n klein bietjie Marmite

MAAK SÓ

1. Sny die stingels van al die aarbeie af. Sny dan ’n ring van sowat 1 cm breed aan die onderpunt van elke aarbei af en hou die oorblywend­e stukkies aarbei eenkant. 2. Pak die 1 cm-aarbeiring­e met die kant na bo wat teen die res van die aarbei pas en smeer ’n lagie maaskaas of jogurt op elkeen. Dis Kersvader se lyfie en die rand van sy jas. 3. Plaas ’n piesangrin­g bo- op die gesmeerde sny. 4. Plaas die oorblywend­e aarbeistuk­ke bo- op die piesangrin­g

sodat dit soos Kersvader se hoed lyk. 5. Gebruik ’n tandestokk­ie om ogies van Marmite te vorm.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa