Baba & Kleuter

V& A IN ’N NEUTEDOP

-

KAN EK PND KRY TERWYL EK SWANGER IS?

Voorgeboor­telike depressie is dikwels ’n voorloper van nageboorte­like depressie, maar vroue sukkel om dit te herken omdat hulle die neerslagti­gheid aan deurmekaar hormone toeskryf. Praat met jou dokter of raadpleeg ’n terapeut as jy enige van die simptome van PND ervaar terwyl jy swanger is, selfs al is dit in ’n ligte vorm.

HOE RAAK DIT MY BABA?

PND het geen langtermyn-uitwerking op babas nie, mits jy hulp kry voor jou kind twee jaar oud is. Die ouer kinders in die huis kan egter skade ly.

KAN PA DIT KRY?

Mans kan ook depressie ná die geboorte van hul kinders opdoen. Navorsing wys dat die voorkoms hiervan enigiets tussen 1,2 en 25 persent is. Hoewel mans moeilik erken dat hulle hartseer en angstig is, is dit beslis moontlik.

Volgens kenners is nageboorte­like depressie by pa’s hoofsaakli­k die gevolg van onrealisti­ese verwagting­e oor hoe dit gaan wees om ’n baba in die huis te hê. Ma’s wat borsvoed sluit dikwels ook die nuwe pa onbewustel­ik uit.

Dit is net so belangrik dat pa vinnig hulp kry.

MY VRIENDIN HET PND ...

As jy weet van ’n vrou na aan jou wat aan PND ly, kan jy die volgende doen om haar te help: • Moedig haar aan om te praat. Jy hoef

net te luister. • Bied jou hulp aan pleks daarvan om te vra wat jy kan doen, en wees prakties. Sê byvoorbeel­d dat jy op Woensdae vir hulle aandete sal bring.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa