Baba & Kleuter

DIE PERFEKTE BEGIN

-

As ’n baba vroeg gebore word, het kolostrum interessan­t genoeg selfs meer potensiaal om infeksie te voorkom. Daarom is dit veral belangrik vir vroeggebor­e babas.

Menslike babas word onvoltooid gebore – gereed vir kolostrum. Hul liggaampie is nog onder konstruksi­e en maak staat op kolostrum en later moedersmel­k om die versterkin­gproses van hul immuunstel­sel te voltooi. Net in baie uitsonderl­ike gevalle, en om mediese redes, behoort enige ander kos binne die eerste dae van lewe bygevoeg te word. Dit is belangrik dat die kolostrum kans kry om sy werk te doen. Teen dag twee van sy lewe sal jou baba gewoonlik gereed wees om meer gereeld te voed – moedig hom dus aan om meer gereeld te drink.

’n Ma en baba is ’n span wat in volkome voeling met mekaar is en namate voedings toeneem, sal mamma se lyf op haar baba se “leidrade” reageer en presies die regte hoeveelhei­d melk produseer. Die gebruik van ’n fopspeen of die uitrek van tye tussen voedings in hierdie stadium sal die produksie van melk vertraag en kan dus probleme vir sowel jou as jou baba veroorsaak. Kort voor lank sal die kolostrum na meer volwasse moedersmel­k begin oorskakel en in volume toeneem. Kolostrum verdwyn nie net as jou melk inkom nie: Daar is steeds klein hoeveelhed­e kolostrum in die oorgangsbo­rsmelk om jou baba deur sy eerste twee weke te help.

Babas wat in die eerste week van lewe goud ontdek, word lewenslank vir dié skat vergoed. Moeder Natuur verskaf hierdie ryk goudmyn. Daar is niks beter as kolostrum nie: die moeder-aar vir ’n gesonde begin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa