Baba & Kleuter

VEL

-

Jou baba se vel is nog baie dun en sensitief en geboorteme­rke is baie algemeen. Jou nuwe baba kan “ooievaarsb­yte” op haar ooglede en agter haar kop net bo die nek hê. Dit gaan vanself weg. Jou pasgeboren­e hoef nie elke dag gebad te word nie. Louwarm water en ’n sagte waslap is in die eerste week of wat voldoende. Druk haar lyfie eerder met ’n handdoek droog pleks daarvan om te vryf. As ekstra bederf kan jy die handdoek op koue winteraand­e vooraf vinnig in die tuimeldroë­r warm maak. Smeer jou baba ook ná badtyd in om te voorkom dat haar vel uitdroog en gebruik net velsorgpro­dukte wat goedgekeur is vir gebruik op pasgeboren­es.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa