Baba & Kleuter

BESTE WENKE VIR LEKKER SLAAP

-

• Badtyd is koesterend en die meeste babas slaap daar

na goed. • Masseer jou baba terwyl jy sagte musiek speel. • Sorg vir ’n rustige roetine voor baba bed toe gaan –

oorstimula­sie ondermyn slaap. • Hou die ligte met slaaptyd gedemp deur net ’n nagliggie of

ganglig aan te skakel. • Moenie snags met jou baba speel wanneer sy wakker word nie. Voed haar, ruil haar doek indien nodig en laat haar dadelik weer slaap. • Moenie jou baba los om te huil wanneer sy wakker word nie; sy vertrou dat jy onmiddelli­k in haar behoeftes sal voorsien. As jy haar los, leer sy boonop dat net ’n lang, harde huilsessie jou aandag kry. • Slaap bevorder slaap. Probeer sorg dat jou baba ná haar eerste voeding of ontbyt slaap, dan slaap sy die res van die dag en in die nag beter. • Babas se slaappatro­on vorm in die eerste vier maande en dis dus nou die ideale tyd om solank goeie slaapgewoo­ntes te begin vestig. As jou baba daarmee tevrede is, kan jy haar nou sagkens begin help om haar self te troos en onafhankli­k van jou aan die slaap te raak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa