Baba & Kleuter

DÍS HOE JY BABA HELP

-

Of jou baba nou reflukssie­kte het of net baie spoeg maar steeds gelukkig is, is daar tog ’n paar dinge wat jy kan doen om te help. • Winde kan die melk maklik laat uitkom. Vryf dus windjies gedurende en ná voedings versigtig uit sonder om druk op haar magie te sit. Laat haar op jou been sit eerder as dat sy oor jou skouer hang en vryf haar ruggie. • Hou jou baba direk ná ’n voeding sowat ’n halfuur lank so stil as moontlik en regop. Ruil haar doek dus liewer voor ’n voeding as agterna, en maak seker dat die doek nie te styf om haar magie span nie. • Die refluks kan minder wees as sy op haar maag pleks van haar rug lê. Moet jou baba egter nooit op haar maag of sy laat slaap nie, want dit verhoog die gevaar van wiegiedood. Belê in een of twee skuins kussings waarop jou baba kan slaap sodat haar bolyf gelig is. • Moet eerder nie ’n baba met refluks in ’n motorstoel­tjie neersit nie, aangesien die posisie waarin jou baba sit refluks aanmoedig. Hou haar dus net in die motorstoel­tjie terwyl julle ry en nie ander tye nie. • As jou baba bottel drink en spoeg, maak eers seker dat jy nie dalk net te veel melk op ’n slag gee en dit is hoekom sy spoeg nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa