Baba & Kleuter

ONS FACEBOOKMA’S VERTEL ...

van hul gunsteling­Kersfees.

-

ANJA LANGENHOVE­N LE ROUX

Kersfeesty­e as kind toe my familie nog ongebroke was. My ma en my pa was nog bymekaar. Ons het Kersliedji­es gesing en konsert gehou en Vader Kersfees het ook ’n draai kom maak. Oe, en my ouma kon altyd die lekkerste kos maak. ’n Ware somer- Kersfees!

ALICIA POWELL

Kersfees 2016. Ons heel eerste Kersfees as ’n gesin (waarvoor ons 9½ jaar gewag het!). Ons babatjie is ook op dieselfde dag gedoop. Wat dit meer spesiaal gemaak het, was dat sy op Kersdag gedoop is. Sy deel hierdie spesiale dag met Jesus, wat haar ontsettend liefhet.

MARIETTE PECK

Lank, lank gelede toe die hele familie saam kom Kersfees hou het. Lekker kuier, saam lag, saamsing, die opwinding oor Kersvader en die laat opbly.

LYDIA MARAIS

Vir my is dit wanneer die kinders nie meer kan wag om die presente oop te skeur nie. Elke keer as ons sien hoe ons vier sussies met al ons aanhangsel­s huis toe gaan en die niggie (en vanjaar sluit nog 'n nuweling by ons aan) en vier neefs hul geskenkies oopskeur, laat dit ons besef hoe geseënd ons is om almal daar te wees! Dis waaroor Kersfees gaan: die feesvierin­g en saamwees.

DYNA BOTHA

Kersfees is ’n tyd van samekoms met ons geliefdes. Dit kos nou wel ’n bietjie meer beplanning noudat ek self kinders het. Ek en my sussie koop saamspeel- geskenke vir die nefies. Hulle kry verskillen­de geskenke, maar ons maak seker dat een van die pakkies vir al drie dieselfde is. Dan baklei niemand nie. Werk elke keer!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa