Baba & Kleuter

NET EEN JAAR VERBY…

- HANLI VAN WYK, KEMPTON PARK, GAUTENG

Die eerste foto hierbo is van ons kleine baba wat nog soveel van mamma en pappa se hulp nodig het, ons baba wat nog net self kan sit en nog nie eens begin kruip het nie.

Die tweede foto is presies ’n jaar later geneem, op ’n jaar en sewe maande oud. Nou is dit nie meer ons klein baba nie; ons Hanco is nou ’n peuter. ’n Peuter wat hardloop en spring en alles self wil doen. ’n Peuter wat begin redeneer, geselsies voer en opdragte verstaan. Een wat sodra hy opstaan wil begin vertel wat hy gedroom het: “Donkie ... eet ... gras.”

Van baba na peuter was nog nooit vir my so ’n werklikhei­d soos toe ek die twee foto’s langs mekaar sien nie. Ons moet besef hoe vinnig die tyd verbygaan en hoe belangrik elke deeltjie van ons kinders se ontwikkeli­ng is. Voor ons ons oë uitvee verander die praatjies na: “Mamma, ek dink ek het my trouvrou gekry ...“

 ??  ??
 ??  ?? Hanco is sewe maande op die foto links en een jaar en sewe maande op die foto regs – te vinnig groot!
Hanco is sewe maande op die foto links en een jaar en sewe maande op die foto regs – te vinnig groot!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa