Baba & Kleuter

NOOIT ’N MORS VAN GELD NIE

- CHRISSIE ERASMUS, WORCESTER, WES- KAAP

Terwyl Leah skree dat die dak lig en hierdie mamma al in trane wil uitbars van pure moedeloosh­eid, besluit ons om Spar toe te stap. Dalk maak dit die ongelukkig­e baba ’n bietjie rustiger. My oog vang die April & Mei-uitgawe van Baba & Kleuter en ek besluit om dit te koop. Daar is mos altyd oulike artikels in; dis nooit ’n mors van geld nie.

By die huis begin ek deur die tydskrif blaai. Ek kan my oë nie glo nie! Ek verslind een artikel ná die ander; elke liewe een is op hierdie oomblik op ons van toepassing. Leah is ongelukkig en moeilik, want sy beleef 'n wonderweek. Haar droë velletjie kan ek behandel, want daar is ’n fantasties­e artikel oor ekseem en nou is dit heerlik sag. Sy slaap beter, want die artikel oor slaap het my beter laat verstaan wat my liefie nodig het. Ons lewe het sommer binne oomblikke verander danksy jul puik tydskrif. Ons sien uit na die volgende uitgawe!

 ??  ?? Leah Erasmus (5 weke) het haar ma amper moedeloos gehad.
Leah Erasmus (5 weke) het haar ma amper moedeloos gehad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa