Baba & Kleuter

WAAR KRY ONS YSTER?

-

Jy voel dalk sommer lus om by die naaste apteek ’n ysteraanvu­lling te gaan koop, maar wees versigtig! Te veel yster kan ook nadelig wees.

Probeer eers om met kos genoeg yster te verskaf en aanvulling­s te hou vir wanneer jou dokter of dieetkundi­ge dit voorskryf.

Besoek eerder ’n dieetkundi­ge as jy onseker is of jou kind deur kos genoeg yster inkry, of as jy wonder of jy ’n aanvulling moet gee voor sy begin eet, of as julle vegetaries is.

Borsmelk bly die beste vir jou baba, ook as dit by yster kom. Hoewel borsmelk min yster bevat, word 50 persent daarvan opgeneem. Net 4 persent van die yster in borsmelk vervanger s word opgeneem en daarom moet dit baie meer bevat sodat babas genoeg kan kry.

Kos kan een van twee soorte yster bevat: heemyster en nieheemyst­er. Heemyster word gevind in dierproduk­te soos vleis, hoender en vis, en nieheemyst­er in plantprodu­kte soos spinasie en bone, en in kos wat afkomstig is van diere soos eiers en melk. Jou baba se lyfie kan heemyster beter opneem as nieheemyst­er.

Kyk na die tabel hieronder om vas te stel watter kossoorte baie ysterryk is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa