Baba & Kleuter

OUSUS PAS MOEILIK AAN BY BABA

-

My dogter het twee weke gelede ’n ousus geword. Sy pas baie sleg daarby aan en dit gaan elke dag nóg slegter. Ek het voor en met die nuwe baba se geboorte baie moeite gedoen om die aanpassing vir haar so maklik as moontlik te maak. Hoe kan ek haar van haar hartseer en woede ontslae help raak?

MADELEIN KOEN ANTWOORD: Dit maak nie saak hoe oud (of jonk) jou eersgebore­ne is nie, sy sal deur ’n hele paar aanpassing­s geraak word wanneer ’n nuwe baba sy opwagting maak. Ten spyte van jou voorbereid­ings en jou eersgebore­ne se opgewonden­heid voor die koms van die baba, is die oorgang van enigste na oudste kind ’n groot aanpassing en dikwels ’n emosionele wipwarit.

Kinders se reaksie hang deels van hul temperamen­t af. Sensitiewe kinders het meer tyd nodig om hul roetine te herstruktu­reer en aan te pas. Onthou, jou kind treur oor ’n tyd van haar lewe wat verby is. Jaloesie, hartseer en woede is dus normaal. Hou gerus die volgende in gedagte:

ERKEN JOU KIND SE GEVOELENS. Moenie ongeduldig raak oor jou kind se negatiewe emosies nie. Help haar om dit te verwoord en beter uitdrukkin­g daaraan te gee: “Dit lyk of jy hartseer is. Wil jy my daarvan vertel?”

GEE HAAR POSITIEWE BEHEER. Deur ’n kind keuses te gee, stel jy haar in staat om positiewe beheer te neem. Die koms van haar medespruit was heeltemal buite haar beheer en dus frustreren­d.

Positiewe keuses sluit vrae in soos: “Wil jy vanaand bad of stort?” of “Wil jy klei speel of inkleur?” BRING ALLEENTYD SAAM MET HAAR DEUR

– selfs al is dit net ’n paar minute per dag terwyl iemand na boetie of sussie omsien. Gehaltetyd laat haar spesiaal voel en herinner haar dat jy steeds haar ma is. Glimlag wanneer sy die kamer binnekom, al is jy hoe moeg. VRA HAAR RAAD EN MAAK HAAR BETROKKE: “Dink jy boetie moet die blou of die groen hempie aantrek?” Kinders hou daarvan om te vermaak – vra of sy vir boetie ’n storie wil vertel of vir hom wil sing. Nie net gaan sy die aandag geniet nie, maar ook trots voel op die glimlag wat sy op boetie se gesig sit.

MAAK ’N STORIEBOEK. Maak ’n eenvoudige storieboek oor jou kind en haar nuwe boetie of sussie. Laat sy self prentjies kies en vra watter woorde sy graag op elke bladsy wil hê. So gee sy ook op ’n gesonde wyse uiting aan haar emosies oor die situasie.

ALLES GAAN NIE OOR DIE BABA NIE. Pleks daarvan om te sê jy wag dat die baba wakker word voor julle buite kan speel, sê jy wag vir die kos om gaar te word. Hou ook waar moontlik by jou ouer kind se roetine – dit sal as ’n buffer dien teen ekstra spanning en onsekerhei­d.

MOEDIG EMPATIE AAN. As jy jou ouer kind help om die baba as ’n regte persoon te beskou met gevoelens van sy eie, sal sy meer liefdevol en beskermend teenoor haar boetie voel. Sê dinge soos: “Kyk, hy probeer sy lippies beweeg soos jy!” of “Ek dink die hond se blaf het hom bang gemaak”. VERWAG REGRESSIE. Jou kleuter kan moontlik weer babagedrag toon en so toets of jy haar nog liefhet. Wees liefdevol, maar behou die grense – leer haar dat sy nie altyd kan kry wat sy wil hê nie, maar soms iets beters: ’n ma wat verstaan en haar aanvaar en haar sal bystaan, wat ook al oor haar pad kom.

 ??  ?? RAAKGEK OOP Sophie la girafe se Soft Maracas is ’n kleurryke speelding wat jou kleinding se sintuie stimuleer. R249, sophiegira­ffe.co. za.
RAAKGEK OOP Sophie la girafe se Soft Maracas is ’n kleurryke speelding wat jou kleinding se sintuie stimuleer. R249, sophiegira­ffe.co. za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa