Baba & Kleuter

LEER HOM SÓ WAG

-

WEES ’N ROLMODEL

As kinders grootword in ’n omgewing waar hul ouers geduldig is en ander deur geduld respekteer, leer hulle dat dit die norm is.

TUIS

Dis waar jou kinders veilig voel en jy in beheer is van ’n taamlik voorspelba­re omgewing, soos dat ’n mens aan tafel wag tot almal kos het voor jy begin eet.

PRYS HOM

As jou kind geduldig gewag het vir iets, kan jy hom gerus prys en wys dat sy gedrag jou trots maak. Jy kan byvoorbeel­d sê: “Sjoe, iemand wat ek ken was darem baie geduldig toe ons vandag in die inkopiery gewag het.”

BLY IN BEHEER

As jy agterkom jy’s besig om beheer oor jou gevoelens te verloor, gee pad uit die situasie tot jy jou ewewig herwin het. Kinders reageer op hul ouers se ongeduld en irritasie deur negatiewe aandag te soek en kwaad te word.

LAAT SUKKEL TOE

Laat jou kind toe om te waag, eksperimen­teer en soms te sukkel. Moenie sy take sommer net oorneem om tyd te spaar en hom so die geleenthei­d ontneem om geduldig te probeer tot hy regkry waarmee hy besig is nie.

DAAGLIKSE SPEL

’n Kind wat speel, is ontspanne en leer dus makliker. ’n Speletjie soos wegkruiper­tjie leer hom dat die een wat wegkruip en die een wat soek, ’n proses van geduldige afwagting moet deurmaak voor hy suksesvol s.

PAS JOU OP

Sien om na jouself! ’n Uitgeputte ouer kan onmoontlik geduldig genoeg wees om ’n goeie voorbeeld te stel. Kry genoeg rus en neem deel aan aktiwiteit­e wat jy geniet en wat jou inspireer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa