Baba & Kleuter

MAG BABA VRUGTESAP DRINK?

Hoekom behoort my baba nie vrugtesap te kry nie? Is sap dan nie gesond nie?

-

ANEL KIRSTEN ANTWOORD: Die nuutste aanbevelin­g deur die Amerikaans­e Akademie vir Pediatrie (AAP) is dat jong kinders aansienlik minder vrugtesap moet kry as wat vroeër gemeen is. Dit is egter belangrik om in gedagte te hou dat terwyl water die beste drankie is om dors mee te les, vrugtesap ’n beter keuse as koeldrank is.

As jy jou kind vrugtesap wil gee, kies suiwer pleks van versoete sap. Al het dit ewe veel kilojoules as koeldrank of versoete sap, sal jou kind baat vind by die vitamiene en minerale in suiwer vrugtesap. Vrugtesapp­e wat ryk is aan veral vitamiene en antioksida­nte sluit in tamatie-, granaat-, druiwe-, bessie- en lemoensap.

Sou vrugtesap wel gegee word, is dit beter om dit in die verhouding 1:10 met water te verdun. Bied vrugtesap in ’n bekertjie aan en nie in ’n bottel nie om tandbederf te voorkom. Die fruktose (vrugtesuik­er) teenwoordi­g in die vrugtesap beskadig die emalje van jou baba se ontwikkele­nde tande. Vrugtesap moet ook eerder gegee word as deel van ’n maaltyd pleks van in die loop van die dag of met slaaptyd.

Hou porsiebehe­er in gedagte. Sowat 125 ml suiwer vrugtesap is gelyk aan een vrugporsie. Onthou, vars, heel vrugte is ’n beter beste opsie as vrugtesap! Vrugtesap bevat minder vesel en ander noodsaakli­ke voedingsto­wwe as vars vrugte.

Verdunde vrugtesap binne perke is vir die meeste kinders piekfyn, maar maak ook seker dat jy heel, vars vrugte aan jou kind beskikbaar stel. So sal hulle meer voedingsto­wwe en vesel inkry, en minder suiker.

Te veel vrugtesap kan jou baba se klein magie vol maak en dan is hy of sy te versadig om genoeg melk en kos in te neem. Dit kan hul groei vertraag en tot wanvoeding en voedingste­korte lei, veral ’n tekort aan yster.

Vrugtesap speel ook ’n rol in gereelde los stoelgang en die tipiese kleuter-loopmagie. Veral druiwe- en appelsap is sondaars.

Volg gerus die AAP se riglyne om te keer dat jou kind te veel vrugtesap drink: Moet dit nie vir ’n baba jonger as een gee nie tensy daar ’n mediese rede voor is, soos om hardlywigh­eid te behandel. Ouer kinders kan vrugtesap binne perke drink. Tussen een en drie jaar oud kan hulle ’n maksimum van 120 ml suiwer vrugtesap in ’n dag kry, tussen vier en ses 120 tot 180 ml per dag, en teen sewe jaar of ouer 240 ml per dag.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa