Baba & Kleuter

HOE HELP EK MIDDELLYN-KRUISING AAN?

My seuntjie is drie jaar oud. Watter speletjies kan ek speel om middel-lynkruisin­g aan te moedig?

-

LIZANNE DU PLESSIS ANT

WOORD: Die middellyn van die liggaam is die denkbeeldi­ge lyn wat van jou kop tot by jou tone in die middel van jou liggaam afloop en jou lyf in ’n linker- en ’n regterhelf­te verdeel. Daar is ook ’n lyn wat ons lyf in ’n bo- en ’n onderkant verdeel. Wanneer ons ons sokkies en skoene aantrek, ’n bal vang, lees of skryf, steek een liggaamsde­el (arm of been) die middellyn oor om die taak te verrig.

Middellyn kruising is’ n belangrike ontwikkeli­ngs vaardighei­d wat mettertyd aangeleer word namate kinders se postuur beheer ontwikkel en handdomina­nsie vasgelê word. Wanneer jou kind sy middellyn oorsteek, werk sy brein hard en word die neurologie­se bane wat van die een kant van die brein na die ander kant strek, versterk. Dit maak dit vir die brein moontlik om as ’n geheel saam te werk.

Kinders kry dit eers teen vyf jaar oud reg om hul middellyn met gemak oor te steek, en vir party kan dit nog langer duur.

Om hierdie vaardighei­d te ontwikkel moet kinders aktief speel. Hier volg ’n paar lekker speletjies wat jy by die huis kan speel om middellyn kruis ingaan te moedig. • Doen die Lui-8 ( Lazy8). Kies enige horisontal­e oppervlak soos ’n swartbord of teëls in jul badkamer en teken ’n lekker groot syfer agt wat op sy sy lê. Gebruik kryte of selfs skeerroom om met een of albei hande van die een kant na die middellyn en dan na die ander kant te beweeg. Teken die syfer oor en oor. • Laat jou kind help om jul motor te was. Wanneer hy die vensters en deure met ’n groot spons moet was, sal jy sien hoe hy spontaan sy middellyn oorsteek. • Vra jou kind om die eetkamerta­fel of die kombuiseil­and met een hand af te vee. • Maak ’n leë spuitbotte­l vol water en spuit die plante nat of spuit na teikens wat teen ’n muur geplak is. Moedig jou kind aan om albei hande saam te gebruik om die spuitbotte­l te manipuleer. • Bou met blokkies ’n paadjie vir speel-speelkarre­tjies of teken een op ’n groot stuk papier. Maak seker jou paadjie is groot en vol draaie. Moedig jou kind aan om sy karretjies met een hand op die paadjie te laat ry. • As jou kind Lego speel, kan jy al die blokkies om hom rondstrooi en hom aansê om op sy magie te lê en bou. So word hy aangemoedi­g om sy middellyn soms met sy dominante hand oor te steek om blokkies op te tel wat hy nodig het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa