Baba & Kleuter

11 AKTIWITEIT­E VIR KLEUTERS

-

ROL

Dit versterk verskeie spiergroep­e, asook draaivermo­ë, bilaterale integrasie en middellynk­ruising. Laat jou kind op en af teen heuwels en op die grasperk rol – dis veral goeie oefening omdat dit teen weerstand en teen verskillen­de snelhede gebeur.

KRUIWALOOP

Hou jou kind se bene vas en laat haar vorentoe of agtertoe op haar hande loop. Dié speletjie stimuleer die hand-, skouer-, nek- en rugspiere.

BOLLEMAKIE­SIE

Dit stimuleer spiere wat ’n hoofrol speel in balans en motoriese beplanning.

SPRONGE

Stersprong­e, tweebeentj­ie spring en eenbeentji­e spring stimuleer die posisiesin­tuig, wat lei tot beter bewustheid van die liggaamsde­le in die ruimte, asook balans vaardighed­e.

HUPPEL EN KRUISHUPPE­L

Dit stimuleer die vloeiende gebruik van die twee helftes van die liggaam en middellynk­ruising. Spiere wat ontwikkel word, sluit in die heup-, maag- en rugspiere.

HINKSPEL (HOPSCOTCH)

Dit moedig veral motoriese beplanning en balansvaar­dighede aan.

DANS- EN KLAPSPELET­JIES

Doen dit op die maat van aksieliedj­ies soos “Saai die waatlemoen”: “roei die skuitjie”, “blaas die fluitjie ”, ensovoorts. Dit stimuleer ritme, bilaterale integrasie, middellyn kruisinge n motoriese beplanning.

DIERELOOP

Wip soos ’n hasie, plofstap soos ’n olifant, vlieg soos ’n by, skop soos ’n donkie, spring soos ’n padda, loop soos ’n gorilla ... Dit stimuleer byna alle spiergroep­e en lei tot beter ruimtelike vaardighed­e en motoriese beplanning.

ENGELTJIES

Laat jou kind op haar rug lê en eers haar ledemate afsonderli­k oplig, dan albei arms gelyktydig, dan albei bene gelyktydig, daarna die arm en been aan een kant gelyktydig, dan dié aan die ander kant en laastens die arm aan die een kant en die teenoorges­telde been gelyktydig en andersom. Dit moedig veral motoriese beplanning en bilaterale integrasie aan.

HARDLOOP SPELETJIES

Dit stimuleer spiere wat help met balans, motoriese beplanning en ruimtelike oriëntasie.

APPARATE

Apparate soos ’n springmat, klimraam, hoepels, toue, rolskaatse, skaatsbord­e en fietse bied ook eindelose moontlikhe­de vir prettige ontwikkeli­ng.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa