BOU SO BETER KONSENTRASIE
Verwag van babadae af dat jou kind vir ’n kort rukkie op iets konsentreer en rek die tye geleidelik, sê Maryke Stain van Edublox. Babas het ’n aandagspan van net twee sekondes, maar teen ses jaar oud moet jou kind minstens 20 minute lank aaneen kan konsentreer. •Bou saam me tjou kinders’ n ouderdom s toepaslike legkaart. Dit moenie te moeilik wees nie. As hul aandag begin dwaal, moedig hulle aan om ’n bietjie langer aan te hou. • ’n Oefening wat ruimtelike en visuele geheue vaardighede asook konsentrasie vereis, i som’ n presiese weerga wete bou van’ n reeks gekleurde blokkies nadat ’n voorbeeld daarvan verwyder is. • Laat jou kinders hul huiswerk doen of ander leertakies verrig sonder dat die TV of ander afleimiddels beskikbaar is. Bêre jou selfoon.