Baba & Kleuter

KOGLEÊRE INPLANTING­S IN SA

-

• Daar is tans agt kogleêre inplanting­seenhede in Suid-Afrika, wat die Tygerberg Hospitaal- Universite­it Stellenbos­ch se eenheid insluit. • In 2016 het 91 kinders en 111 volwasse

nes kogleêre inplanting­s gekry. • Anders as in ontwikkeld­e lande is dit nie wet in Suid-Afrika dat kinders se gehoor by geboorte getoets word nie – dring dus daarop aan. • Die beste tyd vir ’n kogleêre inplanting

is voor ’n kind se eerste verjaardag. • Geluide klink anders deur die kogleêre apparate. Mense wat voorheen kon hoor, beskryf dit as effens elektronie­s. • Verskeie organisasi­es in Suid-Afrika help ouers om geld vir die inplanting­s in te samel. HearUs is ’n liefdadigh­eidsorgani­sasie van die Tygerberg Hospitaal- Universite­it Stellenbos­ch se kogleêre inplanting­seenheid (hearus. org.za). • Danksy kogleêre inplanting­s hoef kinders vandag nie meer noodwendig na ’n skool vir gehoorgest­remdes te gaan of onduidelik te praat nie, solank hulle nie ander probleme ook het nie. Laasgenoem­de is ongelukkig by sowat 40 persent van kinders die geval. • Danksy kogleêre inplanting­s is gebaretaal nie meer die enigste kommunikas­ie- opsie vir gesinne met ’n gehoorgest­remde kind nie – hoewel die enorme koste van die inplanting­s beteken dat dit nie almal beskore is nie. • Gaan na careldutoi­t.co.za, cochlearim­plants.co.za of die nasionale liggaam sacig.org.za vir nog inligting.

 ??  ?? Christophe­r twee dae ná die bilaterale kogleêre inplanting­soperasie.
Christophe­r twee dae ná die bilaterale kogleêre inplanting­soperasie.
 ??  ?? So lyk een van die snye waar die inplanting gedoen is.
So lyk een van die snye waar die inplanting gedoen is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa