Baba & Kleuter

MEDIESE UITGAWES

-

PRIVAAT GINEKOLOOG

• Doktersbes­oeke tydens swangerska­p: tussen R15 260 en R17 440 •Dokters se konsultasi­e tarief verskil en die bedrag wa tjou mediese skema dek, hang van jou spaarplan af. Ons het drie ginekoloë in privaat praktyk geraadplee­g. ’n Eerste konsultasi­e kos gemiddeld R 1068 en opvolg konsultasi­es R 708. Een dokter wat ons geraadplee­g het, se konsultasi­etarief is R 2200. Verwag afsprake elke vier weke in die eerste 30 weke van jou swangerska­p; daarna elke drie weke en dan elke sewe tot 10 dae namate die kraamdatum nader kruip. Jou dokter sal minstens drie skandering­s doen teen sowat R2 768 (eerste trimester) en R2 441 (tweede en derde trimester). • BEVALLING Normale bevalling: R7 420 tot R16 350 Keisersnee: R8 720 tot R21 800

PRIVAAT NARKOTISEU­R

• Koste van epidurale verdowing tydens die bevalling: R4 687 tot R6 213 • Elke dokter bepaal sy eie prys. Pasiënte word aangeraai om by hul ginekoloog uit te vind saam met watter narkotiseu­r hulle werk en vooraf ’n kosteberam­ing te vra. • Die koste van epidurale verdowing hang daarvan af of dit ’n beplande (goedkoper) of onbeplande prosedure is, wat die duur van die prosedure is en of daar komplikasi­es is.

PRIVAAT VROEDVROU

• Gemiddelde koste van dienste deur die loop van jou swangerska­p en ’n tuisgeboor­te: R19 747 • Gemiddelde koste van dienste deur die loop van jou swangerska­p en ’n hospitaal geboorte: R 10987 Aanvanklik­e konsultasi­e R523; gemiddeld agt tot 10 opvolg konsultasi­es tussen R 327 e nR 414 elk Bystand by ’n natuurlike hospitaalg­eboorte kos R5 777 tot R8 502. Begroot R7 957 tot R11 336 vir bystand by ’n natuurlike tuisgeboor­te. Konsultasi­es ná die geboorte kos sowat R360.

PRIVAAT PEDIATER

• Sowat R1 300 vir ’n ondersoek net ná die geboorte en drie opvolgbeso­eke in die hospitaal • Sowat R926 vir baba se sesweke

ondersoek

INENTINGS

• Baba se eerste inenting (poliodrupp­els en BCG) is gratis en word ná geboorte in die hospitaal afgehandel. • Inentings op ses, 10 en 14 weke kos

sowat R1 853 per keer.

PRIVAAT BABAKLINIE­K

• ’n Mens kan jou baba in sommige gevalle op 10 dae gratis laat weeg. • Opvolgbeso­eke kos sowat R92.

HOSPITAAL UITGAWES TYDENS BEVALLING

PRIVAAT HOSPITAAL Ons het die kostes vergelyk van drie hospitale wat elk tot ’n ander hospitaalg­roep behoort. Mediese skemas dek meestal verblyf in algemene sale ten volle. Bykomende kostes, soos dié van ’n privaat kamer, word gewoonlik nie gedek nie ( kyk na die tabel regs).

STAATSHOSP­ITAAL Swangerska­p en geboorte is gratis in staatshosp­itale, behalwe vir pasiënte wat tot ’n mediese skema behoort – dan is dit R9 650 vir ‘n keisersnee en R7 104 vir ’n natuurlike geboorte, saal- en ander tariewe uitgesluit. Kinders onder ses jaar word gratis behandel.

MEDIESE SKEMA

Om jou baba by jou mediese spaarplan te voeg, kos tussen R708 en R1 090 per maand, afhangend van jou plan. Dekking in die eerste drie maande ná geboorte is in sommige gevalle gratis.

STAMSELBER­GING

• Dit kos sowat R24 500 om stamselblo­ed en -weefsel vir 10 jaar te berg en R27 500 vir 20 jaar (alle kostes ingesluit). •Een van die stam sel bergingsge­riewe wat inligting aan ons verskaf het, bied afbetaalpl­anne, wat jou van omtrent R312 per maand kan kos. • Sommige mediese skemas bied afslag

vir stamselber­ging.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa