Baba & Kleuter

SÓ HET EK DIT ERVAAR:

CORNEA LIEBENBERG (28) VAN SANNIESHOF

-

Van 18 weke af het die ginekoloog my gevra of ek beweging voel, maar in daardie stadium het ek nog geen roering in my magie beleef nie. Dit was my eerste swangerska­p en ek was nie regtig seker wat om te verwag of hoe dit sou voel nie.

Ek het bekommerd oor die “stilte” begin raak en gaan nalees. Toe ek sien dat baie vroue wat die eerste keer swanger is die bewegings eers later voel, het ek ontspan.

Teen omtrent 22 weke het ek die eerste keer beweging gevoel. Dit was een aand toe ek self stil geraak het. Ek het skielik ’n fladdering aan die linkerkant van my lyf gevoel. Dit was soos die vlinders in ’n mens se maag wanneer jy opgewonde is, maar terselfder­tyd ook heeltemal anders as enigiets wat ek al voorheen gevoel het.

My werkdag as fisioterap­eut behels taamlik baie beweging; dit kan dus ook wees dat my seuntjie al vroeër beweeg het en dat ek dit in daardie stadium nog net nie agtergekom het nie.

Noudat ek 30 weke swanger is, is ek baie meer bewus van sy manewales, veral wanneer ek saans rustig by die huis is.

Nadat ek hom daardie eerste keer voel beweeg het, het die swangerska­p ’n werklikhei­d geword en het ek nader aan my baba begin voel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa