Baba & Kleuter

AS DINGE VERKEERD LOOP PLACENTA PRAEVIA

-

Dit ontstaan wanneer die plasenta aan die onderkant van die baarmoeder ontwikkel pleks van aan die bokant en dan die serviks se opening gedeelteli­k of heeltemal bedek.

Die ligging van die plasenta word vasgestel met ’n sonar wat tussen 20 en 22 weke van swangerska­p gedoen word. Placenta praevia kan met sekerheid op 32 weke gediagnose­er word.

Daar is vier grade, met graad 1 wanneer die plasenta baie naby aan die baarmoeder­mond groei en graad 4 wanneer dit die baarmoeder­mond heeltemal bedek. Die meeste gevalle kom sonder behandelin­g reg omdat die plasenta self na die bokant van die baarmoeder groei.

Placenta praevia kom voor by omtrent een uit 200 swangerska­ppe. Die meeste daarvan is nie ernstig nie en in 90 persent van gevalle is dit nie problemati­es nie, aangesien die toestand hom self regstel wanneer die plasenta opwaarts begin groei.

“Tussen 20 en 40 persent van ma’s wat ná 28 weke vaginaal bloei, kry dit ook. En as jy reeds ’n keisersnee weens placenta praevia gehad het, het jy ’n kans van 0,65 tot 2,2 persent om dit weer te kry,” sê die Kaapse ginekoloog dr. JP du Buisson.

“Die probleem is nie met die werking van die plasenta nie, maar met die ligging."

Nog oorsake van placenta praevia sluit in rook en wanneer meerlinge verwag word. Ouer ma’s loop ook ’n groter risiko.

Simptome is vaginale bloeding (pynlose, helderrooi bloeding gedurende die tweede helfte van jou swangerska­p) en bloeding ná seks.

As jy met placenta praevia gediagnose­er is, sal jy moontlik ’n keisersnee kry. Soms kan iemand met graad 1- of 2- placenta praevia wel vaginaal kraam.

Placenta praevia kan die volgende gevare vir jou en jou baba inhou: • Omdat die plasenta aan die onderkant van die baarmoeder lê, kan dit begin skeur namate die fetus groei. • Die ma kan baie bloed verloor. Dis vir die fetus gevaarlik omdat sy suurstof verminder en hy vatbaar is vir infeksies. • Placenta praevia verhoog die kans vir ’n

vroeë geboorte. • Herhaalde bloeding kan groei vertraag.

Spreek jou ginekoloog so gou jy kan om vas te stel waar jou plasenta lê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa