Baba & Kleuter

MA VERTEL

As baba het hy geen teken gewys dat hy nie kon hoor nie – daarom was dit vir Janine en Derik Visser van die Strand ’n reuse-skok om kort ná hul seuntjie se eerste verjaardag uit te vind dat hy doof is.

- DEUR BEATRICE MOORE-NÖTHNAGEL

MY KIND KAN HOOR!

Met sy welige bos krulle lyk Christophe­r Visser (2) soos enige ander seuntjie hier waar hy op die mat sit en met blokkies speel. Hy glimlag graag en sy ogies vonkel vrolik elke keer wanneer die spraaktera­peut ’n nuwe speelding voor hom neersit. Al wat op die oog af verraai dat sý “normaal” anders is as ander kinders s’n, is die twee apparate tussen die krulle op sy kop wat met ’n kabeltjie gekoppel is aan die apparate agter sy ore.

“Die spraaktera­pie is die hoogtepunt van ons week,” vertel mamma Janine oor Christophe­r se sessie by Barbara Kellett van die Tygerberg Hospitaal en Universite­it Stellenbos­chse kogleêre inplanting­s eenheid. Hulle kom elke week vir terapieses­sies hier na die Carel du Toitsentru­m in Bellville, Kaapstad toe.

Janine het ’n normale swangerska­p ge had met geen komplikasi­es nie, hoewel Christophe­r op 36 weke gebore is en 13 dae in die neonatale eenheid deurgebrin­g het. By sy crèche was hy ’n gelukkige baba, maar kort ná sy eerste verjaardag het die onderwyser­es genoem dat hy nie reageer wanneer sy agter hom staan en praat nie.

’n Gehoortoet­s by ’n oudioloog was nie baie suksesvol nie omdat Christophe­r nie wou stilsit nie en verdere toetse was dus nodig, vertel Jan in e .’ n Brein stamrespon­s toet sonder narkose het gevolg by ’n daghospita­al in die Strand, die kusdorp naby Kaapstad waar die Vissers woon.

’n Kind hoef nie wakker te wees terwyl dié toets uitgevoer word nie omdat die oudioloog op haar rekenaarsk­erm kan sien of sy brein boodskappe ontvang of nie. “Die oudioloog het onmid dellik gesê Christophe­r het hewige gehoorverl­ies en hy kon geen spraak hoor nie. Hy kon slegs baie harde klanke hoor soos ’n vliegtuig wat langs hom opstyg,” vertel Janine.

“Toe ons dié nuus kry, het ons dadelik bang en ontredderd gevoel. Doofheid was vir ons ’n onbekende en die onbekende maak ’n mens bang.”

Dokters kan nie sê wat Christophe­r se gehoorverl­ies veroorsaak het nie. Hy het nie ’n virus of siekte ná geboorte gehad wat daartoe kon lei nie. Omdat hy nie self kan sê of hy eers kon hoor en toe later nie meer nie, aanvaar hulle hy is van geboorte af doof.

Die oorsaak kan geneties wees, maar Janine en Derik het besluit teen toetse wat sal kan bepaal of dit is waar die knoop lê.

WAAR KRY ONS GENOEG GELD?

Skielik moes Janine en Derik besluite neem oor die beste pad vorentoe vir hul kind. “Ons het heel eerste aan gebaretaal gedink,” vertel Janine. “Maar selfs as ek en Derik dit saam met Christophe­r leer, sou die res van ons familie en vriende nie met hom kon kommunikee­r nie. Hoe sou hy in die samelewing kon funksionee­r?”

Hulle het besluit om vas te stel of Christophe­r ’n geskikte kandidaat vir kogleêre inplanting­s was. Op 17 maande het hy ’n MRI- skandering by die Panorama Medi- Clinic in Bell-ville ondergaan om vas te stel of die senuwees en beenstrukt­uur geskik was vir ’n kogleêre inplanting. Die oudioloog van Deidre Stroebel se praktyk het terselfder­tyd afdrukke geneem vir die gehoorappa­rate wat hy vooraf drie maande lank moes dra, en spraaktera­pie is begin met die hulp van dié gehoorappa­rate.

Hoewel die toetse gewys het Christophe­r is ’n geskikte kandidaat vir ’n kogleêre inplanting, moes hulle eers die nodige geld insamel. “Die meeste mediese fondse betaal net vir een inplanting per jaar en dek net tot ’n sekere bedrag per oor,” sê Janine. “Ons het nog sowat R100 000 per oor nodig gehad. ’n Bilaterale (in elke oor) inplanting kos omtrent R500 000.”

’n Fonds is op Backabuddy.co.za gestig en Janine was verbaas om te sien hoe mense van oor die wêreld heen bydraes begin maak. “Dit was ongeloofli­k en so ’n emosionele ervaring,” vertel sy.

Wayne Bosman van die verhurings­maatskappy Coastal Hire Constantia­berg het geld ingesamel deur die Iron Butt-uitdaging te voltooi, ’n ekstreme motorfiets­rit wat behels het dat hy binne 60 uur 4 222 km moes aflê. “Nie net het hy die eerste Suid-Afrikaner geword wat dit doen nie, mense het ook skenkings aan Christophe­r gedoen vir elke kilometer wat Wayne afgelê het,” sê Janine.

“Vriende het ook saamgestaa­n om geld in te samel. My ou matriekkla­s het ’n video van ons hoërskoolj­are verkoop,” vertel Janine. “Soms het ek koevertjie­s met geld in op my lessenaar gekry …”

Gou het hulle genoeg bymekaarge­maak en Christophe­r was gelukkig genoeg om ’n bilaterale inplanting te kry. Baie kinders kry om finansiële redes net een inplanting.

DIE OPERASIE EN DAARNA

Christophe­r se kogleêre inplanting­s is op 21 maande gedoen deur een van die handjievol spesialist­e in die land wat die operasie uitvoer, die oor-neus-keel- chirurg dr. Derrick Wagenfeld van Vergelegen Medi- Clinic op Somerset-Wes. Derrick het meer as 30 jaar gelede die heel eerste kogleêre inplanting in Suid-Afrika behartig.

Die operasie duur twee tot vier uur per oor, en Christophe­r was vier uur lank onder die mes – die langste vier uur in Janine en Derik se lewe!

’n Sakeman van Kaapstad het binne 60 uur 4 222 km op ’n motorfiets afgelê om geld vir die inplanting in te samel.

“’n Snytjie word agter die oor gemaak en van daar word die elektrodes in die koglea ingeplant asook ’n magneet onder die vel,” verduideli­k Janine. “Tydens die operasie word die elektrodes deur die oudioloog getoets. Sy kan sien of die brein die elektriese seine ontvang en dus of die inplanting werk of nie.”

Ná die operasie is Christophe­r se ore ’n paar weke kans gegee om te herstel. Die groot dag waarop die inplanting­s geaktiveer moes word, het eindelik aangebreek.

“Jy kon aan sy gesiggie sien hy hoor, maar sy reaksie was nie dramaties nie,” vertel Janine. “Maar vir my en Derik was dit baie emosioneel. Dit het al die besluite die moeite werd gemaak.”

Die kogleêre inplanting­s was wel net die eerste stap in die lang proses om Christophe­r ’n kans op ’n lewe met gehoor te gee. Volgens Barbara beteken die inplanting­s nie hy gaan nou dadelik begin praat nie. “Intense terapie is eers nodig om hom te leer luister en verstaan. ’n Tipiese baba luister omtrent ’n jaar lank voor hy sy eerste woord sê. Christophe­r luister nou eers ses maande lank. ’n Mens luister honderde kere na ’n woord voor jy dit begin gebruik.

“Christophe­r is ’n baie skrander seuntjie met uitstekend­e kommunikas­ievaardigh­ede,” vertel Barbara. “Hoewel hy die inplanting­s eers op 21 maande gekry het, het hy steeds ’n goeie kans op sukses, maar dit gaan tyd en baie toewyding van sy ouers verg. Hoe vroeër gehoorverl­ies gediagnose­er word, hoe beter is die kans dat ’n kind sy potensiaal bereik… Die ideaal is goeie tegnologie en ondersteun­ing teen ses maande oud.”

Janine vertel sy beskou die spraaktera­pie meer as “luisterter­apie”. “Christophe­r kan ná die inplanting nou klank hoor, maar hy moet nog leer luister. Die weeklikse besoek aan Barbara is meer om my te bemagtig om ons alledaagse roetine in te span om hom te leer luister.

“Van leer luister sal Christophe­r begin woorde sê. Die geheim is herhaling, herhaling en nogmaals herhaling. Ons kry huiswerk en ek gee dit deur aan sy juffrou, wat ons wonderlik ondersteun.”

Volgens Barbara moet Christophe­r min stens twee jaar lank intensiewe luister- en taalterapi­e kry. Dit maak deel uit van die rehabilita­sie program ná’ n kogleêre inplanting. Hy gaan ook nog elke drie maande oudioloog toe sodat sy vordering dopgehou kan word.

PERSOONLIK­E LESSE

“Ek glo dat elke kind uit eie reg perfek is en dat daar nie iets soos ’normaal’ bestaan nie. Normalitei­t is net ’n persepsie,” vertel Janine.

“Ons normaal is net anders as ander mense s’n. Hoewel Christophe­r in ’n rugbymal huis grootword, sal hy nooit rugby kan speel nie omdat dit ’n kontakspor­t is. Dit beteken nie hy is slegter daaraan toe nie; dis net anders.”

Janine vertel Christophe­r raak soms

gefrustree­rd. “Hy wil iets sê, maar het nie die woorde daarvoor nie. Dis baie belangrik dat hy veilig voel en roetine help daarmee. ’n Mens moet baie geduld hê. Soms moet jy sy reaksie ook in perspektie­f sien: Is hy gefrustree­rd omdat hy doof is of omdat hy twee jaar oud is?”

Haar seuntjie het onlangs met swemlesse begin, want danksy nuwe tegnologie kry ’n mens nou waterbesta­nde toebehore.

“Ek dink Christophe­r sal na ’n hoofstroom­skool kan gaan, maar ons sal ’n skool met klein klassies kies,” sê Janine.

“Ek glo daar is ’n spesiale en spesifieke pad vir Christophe­r uitgelê nog voor hy gebore is. En om hierdie paadjie te kan stap en ’n verskil te maak, het God besluit hy moet doof wees. Al wat verander het, is my idee van normaal.”

 ??  ?? Christophe­r (2), Janine en Derik Visser. Ná Christophe­r se kogleêre inplanting­s kan hy vir die eerste keer hoor.
Christophe­r (2), Janine en Derik Visser. Ná Christophe­r se kogleêre inplanting­s kan hy vir die eerste keer hoor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa