Baba & Kleuter

GRAAD 0 WAT JY KAN VERWAG

Wat gaan jou kind alles in graad O leer? As jy nou al weet, kan julle albei die jaar met selfvertro­ue aanpak.

- DEUR LIBBIE JOUBERT

Daar lê ’n baie belangrike skooljaar vir jou kind voor: graad O, oftewel haar ontvangsja­ar. Ons noem dit dikwels sommer 0 of graad R – daardie gewigtige tydperk van haar lewe waarin sy die kleutersko­ol agter haar laat en met mening vir die grootskool gereedmaak.

HOE DIT WERK

Graad O is jou kind se voorbereid­ingsjaar vir graad 1 en daarom word daar gewerk na vaste doelwitte wat aan die einde van elke kwartaal en die jaar bereik moet word om seker te wees sy is gereed vir graad 1. Tog is die klasopset nog baie minder formeel as in graad 1.

Jou kind leer informeel deur fisieke ervarings, spel en beweging, terwyl sy in graad 1 formele onderrig ontvang en die fokus dan na suiwer verstandel­ike ontwikkeli­ng verskuif. Daar behoort dus nie van jou graad O’tjie verwag te word om heeloggend by ’n tafel stil te sit nie.

Die graad O -klas het ook nie gestruktur­eerde periodes vir elke vak nie, maar die onderwyser­es volg ’n dagprogram waarby al die vakke geïntegree­r word. Elke dagprogram sal bestaan uit drie elemente: meer gestruktur­eerde aktiwiteit­e wat deur die onderwyser­es gelei word, roetine-aktiwiteit­e soos die toiletroet­ine, en vryspel binne of buite waar jou kind self besluit wat sy wil doen.

Assesserin­g van jou kind se vaardighed­e berus nie op formele toetsing nie, maar op die juffrou se waarneming. Kom ons kyk vir watter vaardighed­e die juffrou haar oë gaan oophou.

LEWENSVAAR­DIGHEDE

Lewensvaar­dighede gaan oor jou kind se geheelontw­ikkeling; spesifiek haar sosiale, persoonlik­e, intellektu­ele, emosionele en fisieke ontwikkeli­ng. Dit word gedoen deur haar basiese dinge oor ’n verskeiden­heid onderwerpe te leer (dit word aanvangske­nnis genoem), persoonlik­e en sosiale vaardighed­e te help vestig, haar oor haar liggaam op te voed en haar skeppende kuns te laat beoefen.

AANVANGSKE­NNIS Jou kind leer basiese inligting met die hulp van ’n verskeiden­heid temas soos “ek” (Wat is my naam en van? Wat maak my spesiaal?) en “by die skool” (Hoe werk die skool? Wat is die reëls?). Temas soos die weer, seisoene, sintuie, basiese gesondheid en veiligheid, vorms en kleure, boerdery, diere en sport word ook onder die vergrootgl­as bekyk.

SKEPPENDE KUNSTE In skeppende kunste sal jou kind blootgeste­l word aan dans, drama, musiek en visuele kunste soos konstruksi­ewerk en teken. Dit sal verbeeldin­g en kreatiwite­it stimuleer en kunswaarde­ring aanmoedig. Enigiets van aksieliedj­ies tot hul eie instrument­e maak, rympies opsê, dans, stories opmaak, speletjies speel en van verskillen­de ritmes leer sal daarvoor ingespan word. Die juffrou sal kyk of jou japsnoet rympies of stories kan dramatisee­r, eenvoudige mimiekaksi­es kan uitvoer soos om ’n roomys te eet, slaginstru­mente kan gebruik om ritme te hou, iets kan teken of verf na aanleiding van die week se tema, of met speelklei iets kan vorm.

FISIEKE ONTWIKKELI­NG Op hierdie ouderdom is jou kind se fisieke ontwikkeli­ng geweldig belangrik en word daar veral gefokus op die ontwikkeli­ng van perseptuel­e en groot motoriese vaardighed­e met die hulp van speletjies, beweging en sport.

Assesserin­g van al hierdie aktiwiteit­e is informeel. Vir persoonlik­e en sosiale welstand sal die juffrou kyk of jou kind haar eie besittings kan oppas en wegpak, of sy haar eie skoene kan aantrek en haar veters kan vasmaak, of sy haar werkomgewi­ng skoon hou, take kan uitvoer sonder om buitengewo­on moeg te raak, kritiek kan aanvaar sonder om te huil of kwaad te word, of takies kan afhandel sonder om elke paar minute te vra of dit mooi is.

Op liggaamsop­voedingsvl­ak sal die juffrou onder meer kyk na haar hand-oogkoördin­asie en of sy ’n bal na ’n teiken kan gooi, verskillen­de groottes balle van verskillen­de hoogtes of afstande kan vang of ’n bal met die plat hand kan slaan.

Marlize Labuschagn­e, ’n graad 1-onderwyser­es van Centurion met ’n honneursgr­aad in leerderond­ersteuning, sê fyn motoriese ontwikkeli­ng word ook bekyk met die hulp van kleispel, papiertjie­s wat geskeur en geplak word en die ryg van krale of noedels. Dit help met die ontwikkeli­ng van jou kind se handspiert­jies, wat later beter potloodgre­ep en -beheer verseker. PERSOONLIK­E EN SOSIALE WELSTAND

Dit is daarop gemik om jou kind te leer hoe om na haarself om te sien en haar gesond te hou – ook op sosiale en emosionele vlak.

“Jou kind leer hoe om in sekere situasies op te tree, asook hoe om teenoor ander mense op te tree,” sê Marlize.

 ??  ??
 ??  ?? MARLIZE E, LABUSCHAGN GRAAD 1RES ONDERWYSE EN SPESIALIS IN LEERDERING ONDERSTEUN
MARLIZE E, LABUSCHAGN GRAAD 1RES ONDERWYSE EN SPESIALIS IN LEERDERING ONDERSTEUN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa