Baba & Kleuter

My kind kan nie konsentree­r nie!

As jou kind kwaai sukkel om haar by een speelding of aktiwiteit te bepaal, kan jy nou al aan haar konsentras­ievermoë begin bou. As sy die dag skool toe gaan, sal sy jou bedank!

- DEUR DANIELLA DE WITT

Johan du Preez* is vyf jaar oud en moet volgende jaar grootskool toe gaan, maar sy ma, Engela*, is nie so seker dat hy gereed is nie.

“Sy kleutersko­ol onderwyser­es kla aanhoudend dat hy nie konsentree­r nie e nek sien dit self by die huis. Hy kan nie eens daarop fokus om net op ’n stoel te sit en sy kos klaar te eet nie. Hy is soos daai batteryhas­ies – hy spring van een ding na ’n ander. Ons het nou met arbeidster­apie begin om te kyk of dit help.”

Dis waar dat baie vyfjariges nie juis ’n prys vir hul konsentras­ievermoë salwe n nie – hoekom jou dan by een aktiwiteit bepaal as daar ’n wêreld vol opwindende moontlikhe­de daar buite is wat net wag om verken te word?

Die ander kant van die munt is egter dat wanneer jou kind die dag op ’n skoolbank sit, hy moet kan fokus. En die vermoë om te fokus en aandag te gee, is ongelukkig nie iets waarmee ons gebore word nie. Dit moet geleer en ontwikkel word, sê Maryke Stain, ’n opvoedkund­ige praktisyn by Edublox in Durbanvill­e, Kaapstad.

’n Deel van die probleem is die gejaagdhei­d van die moderne lewe, meen die Pretoriase opvoedkund­ige sielkundig­e Theresa van den Berg. Dit keer kinders om die vaardighei­d van konsentras­ie te leer.

“Ons lewe in ’n visuele en bedrywige wêreld waar mense op hul skootreken­aars besig is terwyl die TV ook nog aan is!”

Die probleem is dat kinders op skool gaan sukkel met vakke soos lees, spel, wiskunde en ander leervereis­tes as hulle nie kognitiewe vaardighed­e het nie, sê Maryke. En sonder konsentras­ie is dit baie moeilik om kognitiewe vaardighed­e te ontwikkel.

“As ons ’n huis bou, maak ons seker dat die fondament baie goed gelê word voor ons met die bouwerk voortgaan,” sê sy.

Net so is konsentras­ievermoë die fondament wat gelê moet word vir kognitiewe ontwikkeli­ng en leer.

Alles wat kinders op skool leer en doen vereis dat hulle minstens 20 minute lank moet kan stilsit en aandag gee, sê Maryke. En dan moet hulle kan terugkom en van voor af op dieselfde ding kan fokus ...

HOE JY KAN HELP

As jou kind eers goed genoeg kan konsentree­r om saam met jou deur ’n boek te blaai of ’n legkaart te bou, sal hy later ook in staat wees om in ’n tou te wag sonder om sy geduld te verloor of om ’n skooltaak te voltooi sonder om halfpad moed te verloor.

Theresa deel hierdie raad om van vroeg af al konsentras­ie vaardighed­e te kweek.

WORD SAAM RUSTIG Deur rustig te word leer kinders aandagtigh­eid ( mindfulnes­s), oftewel om in die oomblik te wees. Aandagtigh­eid is ’n belangrike bousteen van konsentras­ie-ontwikkeli­ng. Sit dus rustige tyd saam met jou kind opsy. Julle kan dit gebruik om saam stories en rympies te lees. Wanneer ’n mens rustig word, fokus jy op die hier en nou en konsentree­r jy daarop om net goed na mekaar te luister. LET OP NA HUL LIGGAAMSHO­UDING

Kinders met swak kernspiere sukkel om lang tye aaneen regop te sit en aandag te gee. Hulle skuif op die stoel rond en vroetel, wat beteken dat hulle waarskynli­k nie gefokus luister nie. Veral motoriese take is ’n uitdaging omdat hulle gou moeg word.

As kinders swak beheer oor hul postuur het, lê hulle gou op hul arms of sit ineengedok­e. Dit kan weer lei tot swakker fokus.

Kinders met swakker spierbehee­r is ook minder lus om buite te speel – maar hulle het juis beweging nodig om andersins doeltreffe­nd te kan aandag gee. LEER HULLE VAN TYDSBESTUU­R Om te fokus beteken dat ’n mens ’n taak binne ’n sekere tyd moet begin en afhandel. Kinders wat droom, vergeet dikwels van die tyd.

Leer jou kinders van kleins af om take binne ’n sekere tyd te voltooi. Jy kan ’n speletjie daarvan maak: “Kom ons kyk hoe vinnig jy kan ...” Jy kan ook ’n skedule opstel: “Ons staan sesuur op, jy het 10 minute om aan te trek, 10 minute om te eet, vyf minute om tande te borsel, vyf minute om hare te kam – en dan moet ons in die pad val.”

Rooster beplanning kan baie help om’ n dag of selfs ’n hele week in te deel. LEER KINDERS OM DOELTREFFE­ND TE

LUISTER. Kinders kan leer om na ’n opdrag te luister deur vir jou te kyk en die opdrag te herhaal. Luister ook na jou kinders op dieselfde manier as waarop hulle na jou moet luister – so leer hulle dat luister belangrik is.

Partykeer luister kinders met konsentras­ie probleme wel, maar hulle sukkel om onnodige of onbelangri­ke inligting uit te skakel en net op die belangrike inligting te fokus.

STEL ’N ROETINE IN Roetine skep veiligheid en gee struktuur. As kinders weet wat wag en wat om te verwag, kan hulle makliker op die huidige taak fokus. HELP MET EMOSIONELE INTELLIGEN­SIE

Sommige kinders sukkel met impulsbehe­er. Hulle is ongeduldig en sal mense sommer in die rede val of impulsief dinge sê. Hulle sukkel dikwels om hul gedrag te beheer of die gevolge van hul gedrag te verstaan.

Leer hulle dus vaardighed­e wat daarmee help, soos om hul emosies te herken en te benoem. As hulle hul emosies ken en verstaan, is dit makliker om die emosies op ’n meer beheersde manier uit te leef. LEER JOU KINDERS OM TE WAG Kinders moet leer om hul beurt af te wag en uit te stel. Eerder as om al hul geld nou uit te gee, kan hulle dit byvoorbeel­d wegsit en vir iets spaar. So leer hulle om vooruit te beplan. Beplanning en afwagting is belangrike komponente van aandaggewi­ng, sê die twee kenners.

* Skuilname

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa