Baba & Kleuter

Kom ons wees maatjies

Jou kleuter leer by die kleutersko­ol hoe vriendskap werk, maar oefen gerus tuis saam met hom aan sy sosiale vaardighed­e.

- BABA & KLEUTER

POSITIWITE­IT

Dis vir ons as ouers glad nie maklik nie, maar ons moet ons kinders toelaat om situasies waarin hulle ongemaklik voel of te na gekom word, self te hanteer. Moenie ’n te groot ophef daarvan maak nie. Wys empatie, maar help jou kind eerder deur self vriendelik en opgeruimd te wees.

Herinner jou kind dat mense nie van nors en ongelukkig­e mense hou nie. Wys hom daarop dat wanneer hy kla of neul mense minder geneig is om aan sy behoeftes te voldoen: “As jy kla omdat jy tweede moet gaan, gaan Mia minder lus wees om met jou te speel.”

GOEDHARTIG­HEID

Een van die belangriks­te sosiale lesse wat jy jou kleuter kan leer is om vir ander mense om te gee. Herinner jou kind gereeld daaraan dat mense nie in hom gaan belangstel as hy nie in hulle belangstel nie. Moedig nuuskierig­heid aan deur vrae te vra oor jou kind se omgewing en mense.

Wys hom deur jou eie vriendskap­pe dat daar baie pret en liefde uit maats te put is. Help hom deur hardop oor sy maatjies te wonder: “Ek wonder of Emma ook van popspeel hou?”, of “Dink jy Luan is ook lief daarvoor om boeke te lees?”.

MEDEDEELSA­AMHEID

Leer jou kind om te deel, maar leer hom ook hoe om te onderhande­l wanneer hy met iets wil speel waarmee ’n maatjie speel. Sê: “As jy nou vir Ella toelaat om met jou pop te speel, kan ons later ’n entjie gaan fietsry.”

Mededeelsa­amheid is belangrik by die kleutersko­ol tydens speeltyd, in vriendskap en later in verhouding­s.

VRYGEWIGHE­ID

Begin deur jou kleuter aan te moedig om ’n ekstra toebroodji­e vir sy maatjie by die skool te neem of pluk ’n blommetjie om saam te neem wanneer julle na ’n speelafspr­aak genooi is.

Leer h omdat gesond een langtermyn­vriendskap­pe gebaseer i sop min of meer gelyke dosisse van gee en neem. So sal jou kind sommer vinnig ontdek dat dit lekkerder en veel meer lonend is om te gee as om te ontvang.

LUISTERVER­MOË

Hierdie vaardighei­d is een van die belangrike­s; daar is mos niks so aantreklik soos iemand wat goed kan luister nie!

Leer jou kind om ander kinders ’n kans te gee om te praat en om te luister wanneer hulle praat, veral as jou kind meestal ’n gesprek oorheers of sy maatjie in die rede val. Die maatjie gaan later belangstel­ling verloor en ophou praat.

PASOP VIR TÉ EERLIK WEES

Daar is ’n fyn grens tussen eerlikheid en iemand se gevoelens seermaak. Jou kind moet die een of ander tyd leer dat ’n mens liefs nie té eerlik moet wees nie. Jy kan die proses aanmoedig deur hom te vra hoe hy sou voel as iemand iets leliks vir hom sou sê.

Dit is ook ’n goeie idee om te verduideli­k daar is goed wat jy mag dink (soos byvoorbeel­d dat sy maatjie se voete sleg ruik), maar wat jy nie mag sê nie, want dit sal sy maatjie se gevoelens seer maak.

VRIENDSKAP­PE EINDIG

Die een dag is Christiaan sy beste vriend en die volgende dag Jaco. Kleuters se vriendskap­pe is kortstondi­g en jou kind sal vinnig agterkom dat vriendskap­pe soms tot ’n einde kom, al is dit hoe pynlik.

Moedig jou kind aan om oor sy gevoelens te praat, want kinders is baie sensitief vir verwerping. Hy verstaan dalk nie hoekom Jaco nie meer met hom wil speel nie, maar hy kan daaroor praat. Onthou om erkenning aan sy gevoelens van woede en verlies te gee.

Soms gebeur dit dat jy ’n vriendskap nie goedkeur nie, maar moenie sleg praat van jou kind se maatjie nie. Stel eerder ’n alternatie­we speelmaatj­ie voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa