Baba & Kleuter

V& A gesondheid

- KLINIESE DIEETKUNDI­GE ARBEIDSTER­APEUT KLINIESE SIELKUNDIG­E

My seuntjie van vier is taamlik besig en die juffrou sê dat hy nie stilsit en luister wanneer sy praat nie. Ek vind ook dat hy sukkel om te fokus en te konsentree­r. Hoe weet ek of hy hiperaktie­f is en waar klop ek om hulp aan?

LENMARIE STANTON ANTWOORD:

AGHS (aandaggebr­ek- en-hiperaktiw­iteit- steurnis of ADHD in Engels) is ’n mediese toestand met simptome wat insluit die onvermoë om te konsentree­r, hiperaktiw­iteit en impulsiwit­eit. Dit word dikwels in die vroeë kinderjare raakgesien. Die simptome kan jou kind se kognitiewe, akademiese, gedrags-, emosionele en sosiale funksioner­ing beïnvloed. Agt tot 10 persent van kinders tussen vier en 17 het AGHS, wat dit die algemeenst­e versteurin­g van die kinderjare maak.

Behandelin­g kan medikasie, gedrag s modifikasi­e, terapie en skool-en tuis programme insluit en word alleen of in kombinasie ingespan. Die beste behandelin­g hang af van jou kind se unieke situasie. Gedragster­apie word gewoonlik vir voorskools­e kinders soos jou seuntjie aanbeveel.

Sommige ouers wonder of behandelin­g hoegenaamd nodig is. Die meeste kundiges stem saam dat onbehandel­de AGHS ernstige gevolge kan inhou, onder meer akademiese probleme, depressie, gedragspro­bleme, mislukte verhou- dings en ’n hoër risiko om in ongelukke betrokke te raak. Behandelin­g kan jou kind help om: • ’n Beter verhouding met sy onderwyser­s,

medespruit­e, ouers en portuur te hê, • Sy skoolprest­asie te verbeter (hy sal take

byvoorbeel­d makliker voltooi), en om • Reëls en opdragte te gehoorsaam.

’n Goeie eerste plek om raad te gaan vra is jul huisdokter of pediater, aangesien AGHS ook met ander gesondheid­sprobleme verband hou. Hulle sal indien nodig ’n verwysing kan reël na ’n sielkundig­e of psigiater, wat die diagnose kan bevestig.

Omdat die simptome van AGHS dikwels ook by ander steurnisse voorkom (angs en depressie, of slaapprobl­eme) is dit belangrik dat ’n deskundige geraadplee­g word om die moontlikhe­id van ander probleme of mediese toestande uit te skakel.

Aanvullend­e behandelin­g word dikwels saam met hoofstroom behandelin­g ingespan. Voorbeelde daarvan sluit in bioterugvo­er of kinesiolog­ie. Assesserin­g deur ’n sielkundig­e bly ’n goeie plan.

Om die ouer van ’n kind met AGHS te wees kan emosioneel en fisiek uitputtend wees en die meeste ouers het ondersteun­ing nodig in die vorm van vriende, familie en steungroep­e. Kontak gerus Adhasa, die nasionale ondersteun­ingsgroep wa tjou ook van verdere inligtinge n onderskrag­ing kan voorsien.

 ??  ?? Lizanne du Plessis Lenmarie Stanton Anel Kirsten
Lizanne du Plessis Lenmarie Stanton Anel Kirsten
 ?? E- pos jou vrae na yolandi@ babaenkleu­ter. co. za
Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie. ??
E- pos jou vrae na yolandi@ babaenkleu­ter. co. za Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa