Baba & Kleuter

Leer ‘n bietjie wag

Vir die meeste kleingoed is dit baie moeilik om te wag vir iets wat hulle begeer. Maar die wagproses leer jou kind ’n hele spul vaardighed­e wat hom in die toekoms nog baie gaan baat.

- DEUR LIBBIE JOUBERT

Om geduldig te kan wag is ’n aangeleerd­e vaardighei­d en een wat die sleutel is tot toekomstig­e geluk. Die vermoë om te kan wag verseker geduld, respek, selfdissip­line en suksesvoll­e verhouding­s.

Kinders moet van jongs af leer om ander te respekteer. As jy geduldig is en die onmiddelli­ke vervulling van jou eie behoeftes soms opsyskuif, wys dit respek vir ander.

As ’n kind onmiddelli­ke aandag van haar ouers verwag, sal sy dit ook van ander mense in haar lewe verwag. Dit kan skade aan haar toekomstig­e verhouding­s aanrig.

Gestel ’n meisie is gewoond daaraan dat haar pa spring wanneer sy iets nodig het – as sy eendag in ’n verhouding met ’n man is, kan sy dieselfde optrede van hom verwag en dit as ’n teken van liefde beskou.

Kinders wat vir hul beloning kan wag, leer selfdissip­line. Dit lei op sy beurt tot die emosionele en interne beheer wat ’n mens nodig het om op jou beste in die skool, by die werk of in ’n huwelik te funksionee­r. Kinders sonder selfdissip­line het nooit geleer dat hul gedrag (positief of negatief) sekere gevolge het nie.

Die volwasse lewe is gejaag en ons geduld word daagliks beproef deur lang toue, verkeerskn­ope en swak diens. Geduldige mense kan dié uitdagings beter hanteer en is gelukkiger, aangenamer mense wat makliker is om mee saam te leef en te werk.

LEER JOU BABA GEDULD

Moet egter nie te vroeg daarop aandring dat jou kind geduld leer nie. In die eerste twee jaar van haar lewe is ander dinge soos haar behoefte aan sekuriteit, liefde en vertroue belangrike­r, sê Sanet Verster, ’n opvoedkund­ige sielkundig­e van Kaapstad.

“Studies het gewys dat babas wat onseker en angstig grootword en nie leer om hul omgewing te vertrou nie, gewoonlik meer ongeduldig en gefrustree­rd is en nie in staat tot uitgesteld­e beloning (delayedgra­tification) nie ,” sê sy.

“Dis gewoonlik dié kinders wat impulsief is en hul emosies nie goed kan beheer nie. Hulle soek onmiddelli­ke reaksies, selfs al is dit ’n negatiewe reaksie.”

Teen vier maande oud word ’n baba bewus van haar omgewing en behoeftes en begin sy met haar ma of versorger kommunikee­r deur te huil of ander geluidjies of tekens te maak.

Sy moet weet dat sy jou kan vertrou om in haar behoeftes te voorsien. Jy kan egter al die basiese beginsel van uitgesteld­e beloning begin vaslê deur nie dádelik aan haar versoeke te voldoen nie.

As jou baba huil omdat sy melk wil hê, kan jy dadelik na haar bedjie stap en sê: “Mamma

’n Ouer wat dadelik spring as sy kind iets nodig het, leer hom allerhande verkeerde dinge oor die wêreld en homself.

sal nou terug wees om jou te voed.” Verdwyn dan vir ’n baie kort rukkie en gaan terug om haar te versorg. So leer sy twee dinge: Jy is bewus van haar behoeftes, en as sy ’n oomblik geduldig wag, sal sy kry wat sy wil hê.

“Onthou om konsekwent op te tree,” maan Sanet. “Leer jou kind dat as sy geduldig wag, daar altyd na haar omgesien sal word. As jy jou baba toelaat om lank en onbedaarli­k te huil voor jy optree, kan sy aflei dat sy harder moet huil om ’n reaksie te kry.”

LEER JOU KLEUTER GEDULD

Teen twee jaar oud het ’n kind se taalvaardi­gheid goed genoeg ontwikkel dat sy kan verstaan wanneer jy haar aansê om te wag. Kinders moet ook nou leer dat hul rol as kind anders is as dié van mamma en pappa.

“Jou kind voel veilig as daar grense is en sy weet wat die gevolge gaan wees as sy die grense oortree. Sy behoort ook te kan onderskei tussen regte en voorregte. Basiese behoeftes soos veiligheid, kos, klere en slaap is haar regte, maar as mamma of pappa vir haar ’n roomys koop of saam met haar in die park fietsry, is dit ’n voorreg,” verduideli­k Sanet.

“Moet nooit vergeet dat kinders hul ouers se gedrag naboots nie. Geduldige ouers maak gewoonlik geduldige kinders groot. Kleuters hou ons fyn dop en ons kan hulle nie kwalik neem as hulle sien hoe ongeduldig ons in die verkeer is en dan nie self vir iets wil wag nie.” Jy kan jou kind maklik bederf as jy altyd spring wanneer sy iets vra. As sy daaraan gewoond is om dadelik te kry wat sy wil hê, leer sy dat mense na haar pype behoort te dans.

“Jy maak dan ’n veeleisend­e kind groot wat gaan sukkel om by ’n klas in te skakel waar sy een van baie is, en by ’n samelewing waar alles nie om haar draai nie. Sulke kinders is dikwels emosioneel onseker en ook nie onafhankli­ke denkers nie, want hulle raak afhanklik van die reaksie

en goedkeurin­g van hul ouers,” sê Sanet.

Kinders sukkel meestal met uitgesteld­e beloning en een van die redes is dat hulle nog nie ’n tydsbegrip het nie, en ook omdat hulle spontane en energieke wesentjies is.

“Hulle is geesdrifti­g en sien met kinderlike onskuld uit na geleenthed­e en aktiwiteit­e. Dit maak afwagting moeilik, want hulle het nie ’n benul hoe lank hulle moet wag nie.”

Koppel dus die wagtyd aan ’n tydsbegrip wat vir hulle sin maak, soos dat die rit in die motor nog so lank sal neem soos twee episodes van Peppa Pig. Indien hulle dae of weke lank moet wag, soos wanneer mamma of pappa met vakansie is, kan dit help om die slapies op ’n kalender af te merk.

“Kinders word baie angstig, ongeduldig en gefrustree­rd as hulle hulle in ’n tydlugleeg­te bevind wat hulle nie kan peil of bepaal nie,” sê Sanet.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa