Klein (leg)kaart-man­ne­tjie

Legkaart bou voel dalk ou­tyds, maar dit hou won­der­li­ke voor­de­le vir peu­ters en kleu­ters in.

Baba & Kleuter - - INHOUD -

Kan jy nog ont­hou hoe jy met hou­ten an­der leg­kaar­te ge­speel het toe jy klein was? Daar is ’n he­le boel goeie re­des waar­om dié speel­goed die toets van die tyd deur­staan het. Hier is vyf re­des waar­om jy be­slis in leg­kaar­te vir jou peu­ter moet be­lê.

DIT BOU KON­SEN­TRA­SIE

Om­dat ’n legkaart selfs in sy een­vou­dig­ste vorm den­ke ver­eis, dwing dit jou peu­ter om sy den­ke te fo­kus op die taak waar­mee hy be­sig is. Dit sal sorg dat hy vir kort ruk­kies aan­een fyn be­gin kon­sen­treer, en so help dit hom om te leer.

DIT LEER HOM FYN KYK

Ten ein­de ’n legkaart te vol­tooi moet jou kind el­ke stuk­kie baie fyn van na­der­by be­stu­deer. So kan hy uit­werk of die stuk­kie in sy hand wel in die be­skik­ba­re gaat­jie pas. Hier­die soort vi­su­e­le fo­kus is ’n nood­saak­li­ke lees­vaar­dig­heid wat reeds van kleins af baie goed ge­slyp moet word.

HY LEER O­RI­ËN­TA­SIE

’n Leg­kaart­stuk sal net pas wan­neer dit met die reg­te kant na bo op sy plek­kie ge­plaas word. As jou kind dit on­der­ste­bo neer­sit, sal dit een­vou­dig nie pas nie. Dit leer jou peu­ter dat beel­de en voor­wer­pe ’n spe­si­fie­ke o­ri­ën­ta­sie het, wat ’n be­lang­ri­ke vaar­dig­heid is wan­neer hy as ou­er kind moet be­gin leer skryf. Dit help ook la­ter met som­me.

SY BE­GRIP NEEM TOE

Legkaart-vol­tooi­ing kan jou klein­ding ’n he­le paar in­ge­wik­kel­de kon­sep­te help uit­werk wat be­tref ge­tal­le, vorms, kleu­re, let­ters en selfs sei­soe­ne – dank­sy die prent­jies of to­ne­le op die legkaart. Om­dat jou peu­ter aan al hier­die in­lig­ting bloot­ge­stel word ter­wyl hy speel, brei sy be­grip van die wê­reld om hom uit, as­ook sy al­ge­me­ne ken­nis.

SY SELF­BEELD KRY ’N HUP­STOOT

Die he­le punt van ’n legkaart bou is dat jy al die in­di­vi­du­e­le stuk­kies by­me­kaar moet voeg om ’n prent­jie te vorm. Die suk­ses­vol­le vol­tooi­ing van hier­die taak – en die feit dat jou peu­ter iets het om na te kyk wat sy suk­ses be­ves­tig – help hom om goed oor hom­self te voel. Dit ver­sterk sy self­ver­troue en kan hom selfs aan­moe­dig om an­der uit­da­gen­de ta­ke aan te pak.

As jy die mees­te uit jou kind se leg­kaart­bou­e­ry wil haal, moet jy sorg dat die moei­lik­heids­graad reg ge­mik word. As die legkaart te in­ge­wik­keld is, sal jou kind waar­skyn­lik be­lang­stel­ling ver­loor en iets an­ders gaan soek om te doen.

Be­gin met iets een­vou­digs en vor­der dan na moei­li­ker leg­kaar­te na­ma­te sy vaar­dig­heid toe­neem. So ver­se­ker jy dat hy al­tyd nog ’n legkaart sal wil bou.

RAAKGEKOOP Koop Laugh & Le­arn se mi­ni- kla­vier by voor­aan­staan­de win­kels lands­wyd, soos Ba­bies R Us en Toyzo­ne, R399,99.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.