Baba & Kleuter

Leeshoekie

Hier is ’n stapel boeke wat jou kind gedurende die lang vakansie en sommer vir lank daarna nog sal besig hou.

-

HELDE UIT DIE BYBEL

Superhelde: Storieboek bevat 24 stories uit die Ou en Nuwe Testament met helder illustrasi­es wat herinner aan ’n strokiespr­ent. Elke storie in hierdie boek het ’n karaktertr­ek van ’n superheld, ’n wenk vir jou kleuter en ’n spesiale kernvers sodat jy dit in die Bybel kan opsoek. Die groot teks maak die boek ook ideaal vir beginnerle­sertjies. Christian Books, R150.

BABA IN DIE HUIS

Baas Baba is een van daardie boeke wat jou heeltyd laat glimlag! Almal in die huis sal dit geniet, ma en pa ook. Baas Baba wys sommer met die intrap slag wie baas is en voor ma en pa hulle kom kry, dans hulle na sy pype daar waar hy in sy kantoor in die middel van die huis sit. Die teks is lekker groot, die tekeninge skreeusnaa­ks en die boodskap duidelik: ’n Nuwe baba in die huis is niemand se maat nie! Protea, R130.

OOR DIE WÊRELD

My diere-atlas is vol feite, kaarte, tekeninge en foto’s van die diereryk wat jou kind interessan­t sal vind. Die atlas leer jou kind meer van die wêreld se diere, hul habitat en persoonlik­hede – en teen die tyd dat jou kind deur die boek is, kan jy hom amper ’n soöloog noem! Saam met die boek kom daar ook plakkers en ’n reuseplakk­aat wat kinders in hul slaapkamer kan opplak. Human & Rousseau, R120.

PADDAS EN KROKODILLE

’nOngewonee­ier is ’n boek met ’n gelukkige einde waaroor jou kleuter gek sal wees. Die illustrasi­es is pragtig en die vriendelik­e, goedhartig­e paddas genaamd Jessika, Marelie en Ockert sal sorg dat jou kleinding dié boek elke aand wil hoor. Die avontuurlu­stige Jessika vind ’n hoendereie­r, maar die hoender wat uitbroei is toe eintlik ’n krokodil wie se ma na hom soek. Jacana Media, sowat R100.

DIE EERSTES

Dié drie kartonboek­e – My eerste

liggaam, My eerste troeteldie­re en My eerste 1 2 3 – raak kinders se hart én brein aan en leer hulle allerhande interessan­te feite. Dit bou ook woordeskat en moedig tel- en syfervaard­ighede aan. Penguin Random House, R90 elk.

WONDERLIKE KLANKE

Die beer en die klavier is ’n pragtige verhaal oor hegte vriendskap­sbande en sal jou kind ook ’n lessie of twee leer. Die boek se helder en gedetaille­erde illustrasi­es is iets besonders. Die hoofkarakt­ertjie, ’n beer, verwerf beroemdhei­d in die stad danksy sy uitsonderl­ike klavierspe­l, maar hy verlang tog terug na die woud en sy vriende. Beslis ’n gunsteling op enige boekrak. Human & Rousseau, R160.

IDOME & REALITEIT

Pieter Kokkewiete­r en die hart op sy

mou deur die aktrise, skrywer en regisseur Milan Murray, is gemik op ses- tot negejarige­s. Nie net moedig dit ’n liefde vir lees aan nie; dit leer jou kind ook van idiome en om die verskil tussen konkrete en abstrakte denke te oorbrug. Die besonderse mooi illustrasi­es is deur Marisa du Toit. Murray & Me, R100.

IN DIE RUIMTE

As jou kind van sterre, vuurpyle en enigiets in die ruimte hou gaan hy gek wees oor die Buitenste ruimte Plakker

boek! Hierdie boek laat jou kind toe om met meer as 250 plakkers self tonele uit die buitenste ruimte te skep terwyl hy tussendeur allerhande interessan­te feite wys word. Daar is onder meer plakkers van ruimteskep­e, - pakke en -toerusting, teleskope, maanwandel­aars, buiteruimt­elike wesens en sterrestel­sels. Protea, R120. WOLF, WOLF

Leer hoe laat dit is is geskik vir is vir drietot agtjariges en help jou kleuter en voorskools­e kind om tyd te interprete­er. Daar is eenvoudige verduideli­kings en prettige aktiwiteit­e wat jou kind leer verstaan en wys hoe laat dit is. Die boek het ’n horlosie met wysers wat kan beweeg sodat julle saam-saam die tyd kan stel en vertolk. Human & Rousseau, R125.

WAT SAL JY DOEN?

Die gewilde Jaco Jacobs is terug, dié slag met Viskos, ’n boek met ’n skooltema. Dis Troeteldie­rdag en Dennis neem sy goudvis saam skool toe. ’n Sameloop van omstandigh­ede, om nie van meneer Newton se wetenskaps­eksperimen­te te praat nie, veroorsaak egter dat die skool vir die dag gesluit word. Want iets is nie lekker met daai goudvis nie ... Lapa Uitgewers, R100.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa