Baba & Kleuter

Hiep hiep hoera, dis ‘n nuwe jaar!

Maak dié jaar veranderin­ge in jou huis wat volhoubaar is én goed vir die hele gesin.

- DEUR YOLANDI JORDAAN

1 HELP MEKAAR

Wanneer jou kinders in die huis help, leer hulle ’n groot klomp lewensvaar­dighede wat hulle in die toekoms nuttig te pas sal kom, soos organiseri­ng, verantwoor­delikheid, trots, beplanning en spanwerk.

Daarby sorg dié beleid ook dat al die verantwoor­delikheid nie net op een persoon (jy weet natuurlik wie dit is!) se skouers rus nie.

Om dit makliker te maak, kan jy ’n blikkie in die kombuis staanmaak en die huistakies op stukkies papier skryf en dit in die blikkie pak. Sondagaand­e gaan haal julle die blikkie en dan kan elke lid van die huisgesin ’n papiertjie trek waarop sy taak vir die week geskryf is.

2 GOOI UIT

Leef vanjaar ligter. Raak ontslae van klere, skoene, linne, speelgoed en sommer alles wat jou kaste vol lê en wat jy nie meer gebruik nie. Skenk dit aan ’n tehuis of kinderhuis waar dit goed gebruik kan word. Jy leer jou kinders terselfder­tyd ook die wonder daarvan om te gee.

As jy dapper genoeg is, kan jy die deelneem aan die 30-dag-minimalism­e-speletjie ... Dit werk as volg: Begin op die eerste van die maand van jou keuse. Op dag een raak jy van een ding ontslae. Op die tweede dag gooi jy twee goed weg, op die derde dag drie ... en so hou jy aan tot die maand om is. Gaan kyk gerus by theminimal­ists.com hoe die speletjie werk.

3 OEFEN SAAM

’n Mens het min tyd vir oefen wanneer daar kleingoed in die huis is, maar jy moet probeer om 150 minute per week in te pas, is die raad van Anel Kirsten, ’n dieetkundi­ge van die Paarl in die Wes- Kaap.

“Dit beteken dat jy vier tot vyf keer per week vir 30 tot 40 minute op ’n slag moet oefen,” verduideli­k Anel.

Hoewel daar deesdae oulike kindersorg­dienste by gimnasiums is, is dié opsie nie vir almal beskikbaar nie. Gelukkig is daar deesdae talle tuisoefenp­rogramme te kry, asook gratis slimfoon-toeps met oefeninge soos joga.

Maak ’n punt daarvan om elke dag ná werk met jou kinders te gaan stap, fiets te ry, bal te gooi of joga op die gras te doen – ’n bietjie vars lug ná ’n moeilike dag by die skool of werk verrig wondere.

4 EET GESOND

Eet vanjaar meer groente, sê Anel. Jou kind se proteïenpo­rsie per ete moet so groot soos sy handpalm wees en sy styselpors­ie so groot soos sy vuis.

Dit laat die helfte van sy bord nog leeg – en dis waar jy die groente, slaai en vrugte gaan skep, sê Anel.

Fokus vanjaar ook daarop om goeie en gesonde peuselhapp­ies soos vrugte, rou groente, biltong, neute, springmiel­ies (vir ouer kinders wat nie daaraan sal stik nie) en gekookte eiers te eet.

Dis nie die einde van die wêreld as jy af en toe ’n lekkertjie gee of poeding voorsit nie, maar hou dit vir spesiale geleenthed­e en beheer porsiegroo­ttes.

Laat jou kinders help wanneer kos gemaak word, want hulle sal meer geneig wees om te eet wat hulle help berei het.

5 EET SAAM AAN TAFEL

Dié een is belangrik: Maak ’n plan om te sorg dat julle vanjaar as gesin saam om die tafel eet. Daar is soveel voordele aan verbonde. Jy en elke lid van jou gesin maak vir ’n ruk lank oogkontak en jy sal verbaas wees oor hoe maklik gesprekke om die etenstafel plaasvind. Julle bly deel van mekaar se lewe deur elkeen jul ervarings van die dag te deel. Boonop leer die kinders in die proses allerbelan­grike tafelmanie­re.

Maak dit ’n reël dat geen slimfone, tablette of rekenaars met etenstyd naby die tafel mag kom nie. Maak die geleenthei­d spesiaal met ’n mooi gedekte tafel en rond dit af met blomme uit die tuin.

6 BEWAAR DIE NATUUR

Leer jou kleingoed van jongs af om nie rommel te strooi nie en ook rommel op te tel wanneer julle gaan stap of fietsry. Spaar water deur die wasbakprop in te sit wanneer julle hande was of tande borsel en herwin dié water deur die tuin daarmee nat te maak of die toilet daarmee te help spoel. Probeer ook om julle afval te beperk deur ’n komposhoop in die tuin op te rig en alle kosafval daarop te gooi. Werk hierdie kompos weer terug in die tuin wanneer julle as gesin saam tuinmaak. Deur net klein veranderin­kies aan te bring kan julle saamsaam jul deel vir die omgewing doen.

7 SIT TYD VIR JOU OPSY

Of dit nou ’n warm borrelbad agter ’n toe deur behels of ’n aand uit saam met vriendinne of jou maat – of dalk ’n uur se oefening drie keer per week – dis belangrik om “my tyd” opsy te sit. Jy kan net na jou gesin omsien as jy self versorg, gesond en positief voel. ’n Bietjie afstand tussen jou en jou gesin sorg ook dat jy elke oomblik wat jy saam met hulle deurbring weer waardeer en koester.

8 SIT DIT AF

Dis deesdae die norm om te alle tye minstens met een toestel aanlyn te wees, of dit nou vir werk of pret is. Hierdie skermtyd steel egter kosbare gesinsoomb­likke. Bring vanjaar minstens een dag per week sonder skermtyd deur: Skakel die televisie af, vermy e- pos en bly weg van kuberklets­groepe. Pleks daarvan kan julle eerder bordspelet­jies speel, ’n bal skop, na die sterre staar of saam boek lees.

As julle minstens een keer per dag saam eet, bly julle in noue aanraking met mekaar en leer die kroos goeie maniere.

9 KRY MEER SLAAP

Volgens die Amerikaans­e Nasionale Instituut vir Gesondheid speel slaap ’n uiterse belangrike rol in goeie gesondheid. As jy genoeg slaap van ’n goeie gehalte inkry, kan dit help om jou geestesges­ondheid, fisieke gesondheid, lewensgeha­lte en breinfunks­ie (veral by kinders) te beskerm en te ondersteun.

Min slaap, aan die ander kant, het ’n slegte invloed op die manier waarop jy dink, reageer, werk, leer en hoe jy ander hanteer.

Navorsing het ook gewys dat kinders belangrike feite wat hulle in die loop van die dag bymekaarma­ak, doeltreffe­nd berg terwyl hulle slaap, en dan ook van alle oorbodige inligting ontslae raak.

Jou baba het minstens 12 tot 16 uur

slaap per dag nodig (dagslapies ingesluit) en jou kleuter 10 tot 14 uur, wat ’n dagslapie insluit. Sorg dus dat jou kleinding saans vroeg in die bed kom!

10 GROET MET SOENE EN DRUKKIES

Vestig vanjaar behoorlike groetritue­le. Pleks daarvan om oor jou skouer te waai en in jou motor te spring, kan jy probeer om jou kinders (en jou maat) in die oë te kyk wanneer jy groet.

Maak ’n punt daarvan om elke lid van die gesin soggens ’n behoorlike soen en druk te gee voor julle uitmekaars­pat, en die oomblik werklik te bewaar. Dieselfde geld wanneer jy jou kinders optel of jou maat tuiskom.

 ??  ??
 ?? ANEL KIRSTEN, DIEETKUNDI­GE VAN DIE PAARL ??
ANEL KIRSTEN, DIEETKUNDI­GE VAN DIE PAARL
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa