ME­VROU E­NER­GIEK

Smag jy daar­na om weer vin­nig en moei­te­loos rond te be­weeg? Die wag­tyd is am­per ver­by! Volg ons raad en sorg dat jou s­wan­ger maan­de vol woema bly.

Baba & Kleuter - - Jou Swangerskap - DEUR LIBBIE JOUBERT

HOU JOU SLIM!

Vul jou voor­raad self­help­boe­ke, me­di­ta­si­een ont­span­nings­be­ves­ti­gings aan. Hou jou brein aan die gang deur iets te lees wat jy nie nor­maal­weg sou nie. Lees hard­op vir jou boe­pie voor en praat en sing, want jou ba­ba kan jou stem reeds op 24 we­ke hoor.

EET VRUG­TE EN GROEN­TE

In Suid-A­fri­ka kan ons heel­jaar uit die heer­lik­ste vrug­te kies. Sny ’n paar ap­pels, man­go’s, ki­wi­vrug­te, aar­beie en pie­sangs op en skep mues­li en jo­gurt bo-oor so­dat jy ek­stra ve­sel en kal­si­um kan in­kry. Hier­die vrug­te is vol vi­ta­mien C, wat jou help om ys­ter te ab­sor­beer en jou im­muun­stel­sel ver­sterk. Oran­je vrug­te (soos ap­pel­ko­se, span­spek en man­go’s) is ook vol be­ta­ka­ro­teen, ’n vei­li­ge vorm van vi­ta­mien A. ’n K­lein daag­lik­se do­sis vi­ta­mien A is no­dig vir weef­sel­groei (jou lig­gaam neem dit wat jy no­dig het op deur die vrug­te en groen­te wat jy daag­liks eet), maar wan­neer dit in te groot hoe­veel­he­de ge­neem word, kan dit ge­boor­te-af­wy­kings ver­oor­saak. Dis waar­om jy dit nooit as ’n aan­vul­ling moet drink nie.

WATERLAFENIS

Warm wa­ter is stre­lend. As jy nie in Kaapstad woon nie, kan jy ge­rus tyd op­sy­sit vir ’n lang bad so­dat jy kan ont­span en met jou klein­ding kan kom­mu­ni­keer. Hier­die tyd­jie bied jou ook die ge­leent­heid om net op jou ba­ba te fo­kus. As jy al ver s­wan­ger is, sal jy sien hoe sy in re­ak­sie op jou aan­dag in die wa­ter be­weeg – moet net nie die wa­ter te warm maak nie.

As dit te warm is vir ’n warm bad, kan jy in die swem­bad spring. Swem bly won­der­li­ke pyn­ver­lig­ting – dit neem die druk van jou ge­wrig­te af en ver­sterk jou oor­werk­te spie­re.

LAAT DIE LIEF­DE BLOM

Ge­du­ren­de swangerskap kan die toe­na­me in bloed­vloei en ek­stra hor­mo­ne jou bui­ten­ge­woon mooi laat voel. Vir baie vroue is seks ge­du­ren­de hul swangerskap die bes­te seks ooit. En be­hal­we as die dok­ter jou af­raai, kan seks goed wees vir jou ba­ba ook. ’n Or­gas­me be­te­ken vir jou ba­ba ’n toe­na­me in bloed­vloei en meer suur­stof en voe­ding. Dit laat ook jou baar­moe­der saam­trek, wat jou ba­ba laat voel of hy ’n druk­kie kry. As jou dok­ter dus toe­stem moet jy die ge­leent­heid aan­gryp.

SLAAP SO­VEEL MOONT­LIK

Die lek­ker van ’n eer­ste swangerskap is dat jy ’n goeie ver­sko­ning het om ’n bie­tjie te slaap wan­neer die lus jou ook al oor­val. Dié wat by hul twee­de of der­de spruit t­rek, sal weet wat ’n luuk­se dit is om ty­dens jou swangerskap te rus.

Dis nie mak­lik om in die eer­ste en laas­te tri­mes­ter te slaap nie; doen dit dus ge­rus so­dra die ge­leent­heid hom voor­doen. Voeg ’n paar drup­pels la­ven­tel­o­lie by jou bad­wa­ter (dis vei­lig), ge­niet ’n kop­pie tee en ont­hou om jou rug met kus­sings te stut so­dat jy ge­mak­lik kan slaap.

WORD RUS­TIG MET JOGA OF PILATES

As jy ’n bie­tjie rond­vra of soek, sal jy ’n klas vind wat vir s­wan­ger vroue ge­skik is. Dank­sy al die strek­oe­fe­nin­ge sal dit jou nie lank kos om die soort soe­pel­heid te ontwikkel wat jou in die kraam­pro­ses gaan help nie.

Om diep te kan a­sem­haal, is ’n won­der­li­ke vaar­dig­heid wat jou goed te staan sal kom ter­wyl jy kraam en dit kan jou kon­trak­sies baie min­der in­tens laat voel.

Hier­die oe­fe­nin­ge sal ook help dat jou lig­gaam ná die ge­boor­te vin­ni­ger na nor­maal te­rug­keer.

BLY FIKS

’n F­link stap­pie wat jou hart­klop ver­snel be­hoort jou in ’n kits nu­we e­ner­gie te gee. Moet jou­self nie te moeg maak of ver­der dryf as waar­teen jou lyf jou waar­sku nie.

Ont­hou om vir vei­lig­heid so ver moont­lik van aan­ko­men­de ver­keer af te loop. Vra ’n vrien­din om saam met jou in die park te gaan stap.

T­REK MOOI AAN

Swangerskap is ’n duur af­fê­re, maar moe­nie van jou­self ver­geet nie. Jou lyf ver­an­der el­ke week en om mooi te voel, gaan jy kle­re no­dig hê wat jou lyf en jou boe­pie vlei.

MAAK TYD VIR JOU­SELF

Be­derf jou so ge­reeld as wat jy kan.

Be­gin met ’n ont­span­nen­de bad en ’n uit­ge­rek­te ge­sigs­be­han­de­ling en ein­dig jou aand deur ’n goeie fliek te kyk ter­wyl jy jou naels verf.

Dis waar­skyn­lik die laas­te keer in jou lewe dat jy al­leen­tyd met jou­self of met jou oud­ste gaan deur­bring; be­nut dit dus so goed as wat jy kan.

LÊ MET JOU VOE­TE IN DIE LUG

Swan­ger­skaps­hor­mo­ne laat die wan­de van die are ont­span. Dit ver­traag jou bloed­vloei en ver­oor­saak spat­a­re en ge­swel­de en­kels en be­ne.

Help jou bloeds­om­loop aan deur ge­reeld jou en­kels te draai en jou voe­te op en af te buig.

Ná 20 draaie en voetwip­pe kan jy jou voe­te laat ont­span in ’n voet­spa of in ’n skot­tel warm wa­ter laat rus. Vryf jou voe­te met ’n ver­fris­sen­de voet­bal­sem in.

Be­proef ook re­flek­so­lo­gie. ’n Goeie te­ra­peut wat be­wus is van jou swangerskap kan won­de­re ver­rig om daar­die kna­en­de swan­ger­skaps­py­ne te be­sweer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.