VAGINALE SPROEI PLA

Baba & Kleuter - - Antwoorde Op Vrae -

Ek het nog nooit met vaginale sproei ge­suk­kel nie, maar van­dat ek s­wan­ger is kry ek dit ge­reeld. Wat kan ek doen om dit te voor­kom?

DR. JP DU BUIS­SON ANT­WOORD:

Can­di­da of sproeiin­fek­sie is een van die al­ge­meen­ste in­fek­sies wat vroue kry. Die ont­staan van die in­fek­sie het te ma­ke met ’n ver­an­de­ring in die vaginale omgewing. Se­ke­re toe­stan­de soos swangerskap, on­lang­se men­stru­a­sie of die me­no­pau­se kan die va­gi­na meer vat­baar maak vir sul­ke op­por­tu­nis­tie­se in­fek­sies.

In die eer­ste plek is dit be­lang­rik om die in­fek­sie te be­han­del. Can­di­da ver­oor­saak ’n dik­ker en wit­ter af­skei­ding met jeu­ke­rig- heid as hoof­simp­toom. Daar­voor be­hoort jou ginekoloog ’n plaas­li­ke teen­swam­mid­del in die vorm van ’n vaginale pil­le­tjie of room voor te skryf.

Daar is na­tuur­lik ’n an­der in­fek­sie wat net so al­ge­meen by vroue voor­kom: bak­te­rie­se va­gi­no­se of BV. Dit ver­oor­saak ’n meer wa­te­ri­ge af­skei­ding wat geel­groen van kleur kan wees en die hoof­simp­toom is ’n brand­ge­voel in die va­gi­na. Dit word met óf ’n vaginale an­ti­bi­o­tie­se room óf mon­de­lik­se an­ti­bi­o­ti­ka be­han­del. Jy wil weet hoe dit voor­kom kan word. As dit her­haal­de­lik voor­kom, moet jy daar­aan dink om sui­ker­siek­te uit te ska­kel om­dat dit meer al­ge­meen by di­a­be­te voor­kom. Praat ge­rus met jou ginekoloog daar­oor en dan kan hy of sy ’n glu­ko­se­to­le­ran­sie­toets reël.

’n Mens kan ook die va­gi­na met ’n hand­stort uit­spoel. Moet as­se­blief nie ont­smet­tings­mid­dels soos Be­ta­di­ne ge­bruik nie.

Dra ook net ka­toen­on­der­kle­re. Jy kan ook ’n pro­bio­tikum drink, soos Reu­te­ri­na Fem­me®, wat die na­tuur­li­ke vaginale or­ga­nis­mes her­stel. Ek dink nie daar steek veel waar­heid in die sto­rie dat na­tuur­li­ke jo­gurt ook die na­tuur­li­ke or­ga­nis­mes her­stel nie.

Ten laas­te moet jy ont­hou dat die mees­te s­wan­ger vroue ’n swaar­der vaginale af­skei­ding het. So lank dit simp­toom­vry is, is dit waar­skyn­lik net leukor­ree, wat wit af­skei­ding be­te­ken. Geen be­han­de­ling is daar­voor no­dig nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.