Baba & Kleuter

Skittersko­on

Moet jy regtig jou baba se bottels en fopspene elke keer voor gebruik sterilisee­r? Watter manier werk die beste? Ons beantwoord jou vrae oor sterilisas­ie.

-

In die eerste jaar of twee van jou baba se lewe speel bottels ’n belangrike rol in sy voeding (selfs al borsvoed jy) en daarom moet jy weet hoe om dit behoorlik skoon te hou ten einde jou aapstert teen siektes te beskerm.

En dis nie net jou baba se bottels wat supersinde­lik moet wees nie – alles van foppies en spene tot borspompon­derdele en selfs bekertjies en lepeltjies moet in die eerste maande gesterilis­eer word.

TOT WATTER OUDERDOM?

Die meeste kenners stem saam dat voedingsto­erusting in die eerste ses maande áltyd gesterilis­eer moet word.

Ander beveel aan dat jy daarmee aanhou tot jou baba ’n jaar oud is, omdat hy dan al genoeg van sy eie teenliggaa­mpies kan maak om infeksie te beveg. ’n Derde groep meen sterilisas­ie is nodig tot jou baba glad nie meer bottel drink nie.

As jy wel ná ses maande ophou om jou baba se bottels te sterilisee­r, moet jy baie seker maak dat jy steeds ál sy voedingsto­erusting baie deeglik met warm water en seep was.

WAT MOET EK ALLES STERILISEE­R?

Alle voedingsto­erusting moet in die eerste ses maande gesterilis­eer word. Dit sluit in jou borspomp, fopspene, bottels, spene, botteldopp­ies en -skyfies, tepelskerm­s (indien gebruik) en die tangetjie waarmee jy die bottels en spene hanteer.

EN DIE SKOTTELGOE­DWASSER?

Al was jy jou baba se benodigdhe­de in die skottelgoe­dwasser, moet jy dit steeds agterna behandel omdat die meeste skottelgoe­dwassers nie warm genoeg word om die toerusting te sterilisee­r nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa