Baba & Kleuter

Mejuffrou met m aniere!

Dis nooit te vroeg om jou kind beleefde gedrag te leer nie.

- DEUR LIBBIE JOUBERT

Goedgemani­erde kinders is oral welkom. En as jou kind goeie maniere het, het hy waarskynli­k begrip en respek vir ander. Goeie maniere is ’n wederkerig­e proses. Aan die een kant verbeter jou kind se sosiale vaardighed­e, verhouding­s en gewoontes, en aan die ander kant lei dit ook tot ’n positiewe selfbeeld, want hy kry positiewe terugvoer van die mense om hom omdat hy hulle goed laat voel.

Stel jou kind van jongs af deur jou voorbeeld aan goeie maniere bloot – so sal hy weet hoe om respekvol op te tree en later sal hy ware respek hê en betoon.

EMOSIONELE INTELLIGEN­SIE

Goeie maniere word aan ’n gesonde emosionele intelligen­sie (EK) gekoppel en maniere leer ook selfbeheer­sing, wat tot latere sukses in jou lewe bydra. Navorsing wys dat kinders wat van jongs af selfbeheer­sing kan toepas, beter vaar in prestasiet­oetse, stres beter hanteer en gewilder is. Iemand met ’n hoë EK is empaties en bewus van sy eie en ander om hom se emosies, en hy weet hoe om dit suksesvol te bestuur. Goeie maniere gaan daaroor dat jy sensitief is vir ander se gevoelens en behoeftes.

As jou kind in die eerste 10 jaar van sy lewe leer om ma en pa se reëls te respekteer en te volg, help dit hom om as ’n tiener sy eie interne kompas te ontwikkel wat respek, maniere en reëls betref.

Kinders wat grootword sonder dat hulle respek en verdraagsa­amheid geleer het, weet nie hoe om hulle in sosiale situasies te gedra of te handhaaf nie en loop so ’n veel groter gevaar om as volwassene­s onsuksesvo­l te wees. Sulke kinders kom ook gou agter dat ander gefrustree­rd en geïrriteer­d met hul gedrag is en dat hulle as “stout” kinders beskou word. Dit tas hul selfbeeld aan.

As jy jou kind met respek behandel, weet hy dat dit goed voel en hy weet ook dat hy ander kan laat goed voel deur dieselfde te doen. Jou kind moet van jongs af leer dat sy gevoelens en behoeftes belangrik is, maar nie belangrike­r as dié van die mense om hom nie. WAT JY KAN DOEN

Goeie maniere en sosiale vaardighed­e is aangeleerd­e gedrag en kinders het positiewe aanmoedigi­ng nodig.

Jou eie voorbeeld is die sterkste wapen wat jy het. As jou kind sien jy tree hoflik teenoor ander op, jou minderes inkluis, is die stryd halfpad gewonne. Hoe jy jou kind behandel, is natuurlik ook hoe hy jou en ander gaan behandel.

Let op hoe jy self praat. Jou taal kan deurspek wees met sarkasme, vloekwoor-

de, skeldname, onegte kompliment­e, rassisme en manipulere­nde woorde. Dit wys duidelik wat in jou kop en hart aangaan. Gee pluimpies, bedank, ondersteun en bemoedig meer en fokus op die positiewe kant van die lewe. Begin positief praat, dan ontstaan goeie maniere makliker.

Dink oor die doel van reëls. Dit reguleer menslike verhouding­s en handhaaf orde en regverdigh­eid. As jy dink reëls is te beperkend, gaan jou kinders dit onbewustel­ik agterkom. Sal jy werklik daarvan hou as jy in ’n sport meeding en jou opponent nie by die reëls hou nie, of as die bank die regulasies in verband met jou belegging oortree sodat dit jou opbrengs beïnvloed, of as iemand die verkeersre­ëls oortree en so ’n ongeluk veroorsaak? Leer jou kinders om die reëls te respekteer.

Maak vrede met onderlinge verskille. Ons is nie almal dieselfde nie, want ons is die produk van ons gene en ons verskillen­de ervarings. Niemand se tradisies verdien meer respek as iemand anders s’n nie.

BEGIN BY DIE TAFEL

Daar is soveel sosiale, emosionele en intellektu­ele voordele aan ’n tradisione­le gesinsete saam om ’n tafel. Nie net is gebalansee­rde gesinsetes die hoeksteen van jou kind se fisieke en geestelike gesondheid nie, dis ook waar blootstell­ing aan goeie maniere voor die hand liggend kan wees. Dis hier waar hy leer om beleef vir ’n item te vra of iemand te help om iets soos die sout te bekom. As jy gereeld asseblief en dankie aan tafel gebruik, word dit outomaties­e gedrag by jou kinders.

Hulle leer ook om deur die ete aan tafel te sit, wat geduld en selfbeheer­sing verg en moontlik kan meebring dat hulle uit verveling hul kos sal opeet of ’n sinvolle gesprek met jou sal voer om die ledige tyd aan tafel te vul.

As jou kinders eers geleer het om stil te sit en nie hul kos of eetgerei rond te slinger nie, sal dinge soos toemond kou en elmboë van die tafel af vanself volg.

’n Gesinsete om die tafel is een van die beste plekke waar jou kind goeie maniere kan leer.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa