DOROTA SWART (33) VAN JO­HAN­NES­BURG

Baba & Kleuter - - Jou Lewe -

Ek het pas ’n dag net vir my ge­had. Ek het dit baie lank ge­le­de al met my man, Ju­rie, be­spreek en ons al­bei het die dag in ons dag­boe­ke aan­ge­te­ken.

Ek het ’n vlieg­tuig­kaart­jie be­spreek na Kaapstad en ’n Vry­dag­og­gend vroeg ge­vlieg. Ek het ’n mo­tor ge­huur en na ’n vrien­din se huis ge­ry om daar ont­byt te eet. Ek het ook haar kinders vir die eer­ste keer ont­moet.

Daar­na het ek ’n an­der vrien­din in Kamps­baai ont­moet, waar ons tyd op die s­trand deur­ge­bring en saam­ge­kui­er het. Toe het ek nog ’n vrien­din by ’n wyn­plaas ont­moet vir ’n fi­na­le kui­er­tjie voor ek laat­mid­dag te­rug Jo­han­nes­burg toe ge­vlieg het. Dit was een van die won­der­lik­ste dae wat ek al be­leef het. Ju­rie het ons drie kinders op ’n vis­vang­uit­stap­pie ge­neem wat hul­le baie ge­niet het.

Die Swart- ge­sin: Ju­rie, Ni­cho­las (6), Dorota, Lil­ly (5) en Han­na (2).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.