Baba & Kleuter

WAT PAS JOU DIE BESTE?

-

MIKROGOLF-STERILISEE­RDER

Tap ’n bietjie water onder in die sterilisee­rder, pak die babatoerus­ting in volgens die vervaardig­er se aanwysings en plaas dit vir die aanbevole tyd in die mikrogolfo­ond. Moenie dit oorlaai nie en maak seker die eenheid kan dig toemaak.

Sterilisas­ie duur drie tot agt minute. Stoom kan uit die sterilisee­rder ontsnap en jou brand as jy dit oopmaak voor dit klaar afgekoel het; wees dus versigtig. VOORDELE Dis vinnig en maklik om te gebruik en ’n taamlik goedkoop opsie, want ná jou aanvanklik­e aankoop betaal jy net vir die krag van die mikrogolf. NADELE Sommige mikrogolf-sterilisee­rders is handelsnaa­m-spesifiek, wat dit moeilik maak om dit vir ander toerusting te gebruik.

CHEMIESE VLOEISTOF

Dis baie maklik om chemiese middels soos Milton, Sterilon en Dettol Sterilon te gebruik. Al wat jy nodig het, is ’n klein emmertjie met ’n deksel en ’n dryfplaat om die bottels onder water te help hou, water en die chemiese oplossing. Met Milton moet jy die water elke 24 uur vervang, terwyl die Sterilon-oplossing elke sewe dae vervang moet word.

Sterilisas­ie met Milton duur 30 minute, en met Sterilon 10 minute. Maak seker dat die babatoerus­ting volledig onder die water is en dus oral met die sterilisas­ie-oplossing in aanraking kom. Was die houer deeglik met seep en water elke keer wanneer jy die oplossing vervang. VOORDELE Jy kan dit op enige plek gebruik en het nie elektrisit­eit nodig nie – dit is dus ideaal vir kamp. Jy kan dit ook gebruik vir dele van borspompe wat dalk nie in die mikrogolf gesterilis­eer mag word nie. Jy kan die toerusting in die oplossing laat lê tot net voor jy dit gebruik. Dit verniel nie die babatoerus­ting soveel as hitte nie. NADELE Sommige babas kry sproei van sekere chemiese sterilisee­rders. Dis ’n voortduren­de uitgawe omdat jy gereeld nuwe sterilisas­iemiddels moet koop. Sommige oplossings verkleur die spene effens as jy dit te lank daarin laat lê. Jy kan nie metaal so sterilisee­r nie.

SELFSTERIL­ISASIE-BOTTELS

Hierdie opsie behels dat jy ’n bietjie water op die boom van die bottel tap, die speen bo-op plaas, die bottel bo met ’n doppie seël en dit ’n paar minute in die mikrogolf plaas – lees die vervaardig­er se aanwysings om te sien wat die aanbevole tyd

per bottel is. Soms kan jy ook ’n fopspeen daarin sit.

VOORDELE Jy kan die bottel gou sterilisee­r net voor jy dit moet gebruik. Jy het geen ander sterilisas­ietoerusti­ng nodig vir bottels nie, en kan dus maklik op enige ander plek sterilisee­r.

NADELE Jy kan net bottels so sterilisee­r, en sal steeds jou ander toerusting op ’n ander manier moet behandel.

ELEKTRIESE STOOMSTERI­LISEERDER

’n Losstaande elektriese stoomsteri­liseerder kan gewoonlik ses tot agt bottels en spene sterilisee­r. Maak seker jy pak dit volgens die anwysings en met die bottelopen­ing na onder. Die eenheid behoort dit binne agt tot 20 minute te sterilisee­r.

VOORDELE Jy kan gewoonlik die bottels in die sterilisee­rder bêre. Dis altyd beskikbaar omdat dit al is waarvoor jy dit gebruik.

NADELE Dis duur en net geskik vir waar jy elektrisit­eit het. Dis soms handelsnaa­m-spesifiek en dan kan jy nie ander bottels daarin sterilisee­r nie. Nie alle dele van sommige borspompe kan so gesterilis­eer word nie.

KOOK

Plaas ’n groot kastrol op die stoof en pak al die voedingsto­erusting daarin. Bedek dit met koue water en maak seker daar is geen lugborrels in die bottels nie. Plaas ’n deksel op en bring tot kookpunt. Laat minstens vyf minute kook. Laat die water afkoel voor jy die bottels met ’n gesterilis­eerde tangetjie uithaal.

VOORDELE Dit word deeglik gesterilis­eer en jy kan dit op bykans enige plek doen, selfs oor ’n oop kampvuur. Dis die maklikste manier om metaalvoor­werpe te sterilisee­r.

NADELE Dis omslagtig. Daar is die gevaar dat jy jou kan brand. Dit kan die lewensduur van bottels en spene verkort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa