LEER BY AN­DER MA’S

Baba & Kleuter - - Jou Baba -

MARIANNE STYAN (36) VAN KAAP

STAD, ma ’n 19 maan­de oue seun­tjie, sê sy het ’n goeie kin­der­op­pas­ser deur ’n a­gent­skap aan­ge­stel, maar gou be­sef sy moes haar voor­af af­ge­vra het hoe sy met dié vrou oor die weg gaan kom.

“Sy het ons seun­tjie goed ge­sti­mu­leer en was al­tyd be­tyds, maar ons per­soon­lik­he­de het ge­bots.

“Sy het ’n sterk per­soon­lik­heid ge­had en wou oor­neem. Dit was moei­lik om­dat ons in ’n woon­stel ge­woon het en on­der me­kaar se voe­te was.

“Ons het die op­sie ge­had om ons guns­te­ling­kan­di­da­te vir ’n dag as proef­lo­pie by ons te laat werk, maar het daar­teen be­sluit, waar­oor ek spyt is.

“Só kan jy sien hoe sy jou kind han­teer en of julle oor die weg kom.

“As jy moet te­rug­gaan werk toe, moet jy pro­beer om die per­soon reeds so­wat ’n

maand voor die tyd aan te stel om deel­tyds te kom werk so­dat jy ge­rus kan wees oor hoe sy jou kind han­teer en so­dat julle aan me­kaar ge­woond kan raak.” CHANTEL VAN HEERDEN (34) VAN

P­RE­TO­RIA het twee dog­ter­tjies van vier en se­we jaar oud en sê ’n voor­ma­li­ge kin­der­op­pas­ser se sel­foon­ge­bruik het vir groot hoof­bre­kens ge­sorg.

“Ek stel voor ou­ers ver­ban die ge­bruik van sel­fo­ne ty­dens op­pas­s­tye. Ek het ag­ter­ge­kom die oppasser praat nie veel met my kinders nie en was ’n paar keer op Fa­ce­book doe­nig ter­wyl sy na hul­le moes om­sien.

“Daar was ook ke­re wat ek by die ka­mer in­ge­loop en sy vin­nig haar sel­foon af­ge­ska­kel het. My reël is dus geen sel­fo­ne nie, ten­sy daar ’n drin­gen­de op­roep is.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.