LEWE NÁ AMPERVERDRINKING

Baba & Kleuter - - Praat Saam - LEANDRÉ S­PIES,

Daar gaan nie ’n dag ver­by dat ons nie vir die He­re dan­kie sê vir ons won­der­wer­kie nie! Hy het ons seun­tjie ge­red, be­skerm en te­rug­ge­gee. E­drik het op 5 Sep­tem­ber 2016 am­per ver­drink na­dat hy in ’n dam ge­val het. Hy het ge­spe­si­a­li­seer­de be­han­de­ling ge­kry waar sy ly­fie vir 72 uur koud ge­hou is om ver­de­re brein­ska­de te help voor­kom. Hy was 15 dae lank in die in­ten­sie­we een­heid, waar sy hart­jie drie keer gaan staan het. Hy het ook e­pi­lep­tie­se aan­val­le be­gin kry wat ver­oor­saak het dat hy op­hou a­sem­haal het en sy hart­jie weer aan die gang ge­kry moes word.

E­drik­kie was weer soos ’n pap ba­ba­tjie. Hy moes weer leer sit en loop en die dok­ters het ge­meen dat hy nie weer sal kan sien nie. Die MRI-skan­de­ring het ge­wys dat hy slegs ’n bie­tjie ska­de in die voor­lob­be van sy brein op­ge­doen het – die deel van die brein wat ’n mens el­ke dag ge­bruik om te dink en be­slui­te te maak.

Maar dank­sy baie oe­fe­ning, lief­de en ge­na­de kon hy bin­ne ’n week na­dat hy ont­slaan is weer loop en sy sig het ook vol­ko­me te­rug­ge­keer.

E­drik is van­dag ’n nor­ma­le, be­dry­wi­ge seun­tjie met geen ska­de of na­ge­vol­ge nie. Hy is ons groot ge­tui­e­nis dat God steeds won­der­wer­ke laat ge­beur. Daar is krag in ge­bed!

Na­dat hy by die dood om­ge­draai het, hard­loop E­drik S­pies (2) weer uit­ge­la­te rond.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.