Baba & Kleuter

Baba se ontwikkeli­ng: 2de trimester

In deel twee van ons kort reeks oor die ontwikkeli­ng van jou ongebore baba bekyk ons die tweede trimester. Dis wanneer jy beter begin voel en meer energie het. Jy begin ook nou vir die eerste keer regtig swanger lyk, want in jou maag is jou aapstert wild

- DEUR TINA OTTO

WEEK 13

Jou baba het nou so te sê ten volle ontwikkel. Alles is waar dit moet wees. Sy of haar geslag is sigbaar, maar kan nog moeilik wees om op die sonar raak te sien.

Jou baba beweeg met mening, hoewel jy dit in die meeste gevalle nie voor die vyfde maand sal voel nie.

Sy beengroei neem vinnig toe en hy is omtrent so groot soos ’n aarbei, al is jy nog net 13 weke swanger.

WEEK 14

Fyn, donsagtige haartjies genaamd lanugo begin jou baba se hele lyfie bedek, aanvanklik veral by die wenkbroue en bolip.

Sy gesiggie lyk nie meer soos dié van ’n vissie nie, maar ál meer soos ’n mens s’n namate die ogies nader aan mekaar beweeg.

Die kop begin stadiger groei en die res van die lyfie groei nou om in te haal. Die ingewande, wat aanvanklik in ’n swelling in die naelstring ontwikkel het, begin nou na jou baba se buikholte skuif.

Smaakknopp­ies is reeds op die tong teenwoordi­g. Urine word geprodusee­r en in die vrugwater uitgeskei. ’n Klein bietjie soliede afval versamel reeds in jou baba se ingewande. Hy kan sy vingertjie­s in ’n vuisie krul en selfs sy duim suig.

WEEK 15

Baba se velletjie is so deursigtig dat die onderligge­nde are sigbaar is. In hierdie stadium het sy nog geen vet nie. Sy frons, trek gesigte en maak lipbewegin­gs.

Die kop stut nie meer op die lyf nie en het al verder ontvou. Hoewel daar reeds smaakknopp­ies op die tong is, werk dit nog nie, maar die speekselkl­iere werk wel.

Die geslagsdel­e het nou duidelik genoeg ontwikkel dat dit met ’n hoëresolus­ieskanderi­ng gesien kan word as jou baba reg lê.

WEEK 16

Die interne geslagsdel­e ontwikkel klaar. Jou baba kan nou die naelstring vasgryp en ál meer spiere en beendere ontwikkel. Hoewel sy al baie rondbeweeg, voel jy nog niks nie.

Jou baba groei in die volgende weke buitengewo­on vinnig, maar haar gewig neem taamlik stadig toe. ’n Spesiale soort vet wat bruinvet genoem word, begin in die liggaam vorm. Dit is ryk aan selstruktu­re wat jou baba warm hou.

WEEK 17

Die senuselle in die brein het nou ophou verdeel en hul maksimum hoeveelhei­d bereik. Van nou af sal hulle verminder namate hulle gesnoei word om die brein normaal te laat funksionee­r.

Miëlien, die belangrike vetterige skede wat die senuselle bedek en beskerm, begin nou vorm. Dit stel die senu-impulse in staat om vinniger en verder van en na die brein te beweeg.

Die diafragma beweeg op en af. Teen die einde van die vierde maand is jou uitgestrek­te fetus sowat 25 cm lank.

WEEK 18

Van dié week af begin jou baba met mening ’n vetvoorraa­d opbou. Die longe is stadigaan besig om te ontwikkel, maar asem vrugwater in terwyl sy haar suurstof nog deur die naelstring van jou af kry.

Die immuunstel­sel het begin werk en jou baba begin nou om ’n wakker- en-slaapsiklu­s te ontwikkel.

WEEK 19

Die vrugwater neem toe. Hoewel jou baba se ore nog nie ten volle ontwikkel het nie, is daar bewyse dat babas nou al op klanke begin reageer.

Meisies se eierstokke vorm, en jou baba kan hik en haar duim suig.

WEEK 20

In die komende weke verander die fetus se voorkoms heelwat en begin sy ál meer soos ’n mens lyk.

Die olieprodus­erende kliere begin werk en skei ’n smeer af wat met die dooie velselle meng om ’n wit lagie op die vel te vorm wat vernix genoem word.

Die vernix beskerm jou baba se vel en met die geboorte sal jy dit nog kan sien, veral in die voutjies van baba se lyf.

Die buitenste geslagsdel­e is nou heeltemal wat dit moet wees, sodat jy jou baba se geslag op die sonar kan sien.

WEEK 21

Baba is nou baie aktief en kan letterlik bollemakie­sie slaan en skop. Sy is egter nog baie maer en weeg net omtrent 500 gram.

Haar bewegings word ál sterker en meer gekoördine­erd namate die senuweeste­lsel meer volwasse word.

WEEK 22

Jou ontwikkele­nde baba begin nou stadiger groei. Haar liggaamsde­le is klaar gevorm en moet nou meer volwasse raak.

Namate jou baba vrugwater sluk, begin ál meer mekonium in die dermkanaal opbou. Dit is die begin van jou baba se heel eerste stoelgang en is ’n donker groenswart kleur.

WEEK 23

Jou baba se lyfie is nou heeltemal bedek met lanugo, die fyn, donsige haartjies wat hom warm help hou. Namate meer vet vorm, word die vel minder deursigtig.

Ooghare kan gesien word en sy hartklop kan nou met ’n stetoskoop gehoor word.

WEEK 24

Selfs al het jou baba vet onder sy vel, lyk hy steeds oud en verrimpeld. Sy breingolwe begin nou al aan dié van ’n pasgeboren­e herinner.

Jou baba se skoppe is nou baie harder. Die longe word ál meer volwasse sodat hulle met geboorte gereed is om die eerste werklike asemteug vol lug te neem.

WEEK 25

Teen 24 weke het die fetale longe al begin om surfaktant te maak, ’n stof wat noodsaakli­k is vir asemhaling omdat dit oppervlaks­panning verlaag en so die longe help uitsit en lug inneem.

Die senustelse­l word ál meer volwasse en jou baba kan vir harde geluide skrik. Hy kan sy ogies oop- en toemaak.

Hy sluk steeds vrugwater en sy hart pomp elke dag sowat 30 liter bloed deur sy lyf.

Die gehoorbeen­tjies in sy oortjies het reeds hul volwasse grootte bereik en die gehoorsenu­wees werk ten volle.

Jou baba is nou so groot soos ’n klein papaja.

WEEK 26

Jou baba word ál groter en sit fluks gewig aan. Die groeiende brein begin plooitjies vorm ten einde in die skedel te pas.

Die longe is nou in staat om uit te sit en het ’n groot oppervlak waar suurstof deur die bloed opgeneem word.

Die soek- en suigreflek­s tree in werking. Dit laat jou baba na die bron van kos draai wanneer sy gebore is en speel ook ’n rol in voeding en spraak. Dit help die immuunstel­sel versterk en is tot drie of vier maande ná geboorte nog aanwesig.

WEEK 27

Jou baba raak nou van lig en donker bewus en reageer met oorgawe op jou stem, beweging en musiek.

Die senustelse­l word ál meer volwasse en jou japsnoet kan nou haar eie liggaamste­mperatuur reguleer. Sy sal binne ’n breukdeel van ’n sekonde op ’n harde geluid reageer.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa