Baba & Kleuter

Hulp vir jou skete

Miskien verloop jou swangerska­p nie heeltemal soos jy jou voorgestel het nie. Hier is raad vir alle klagtes van naarheid tot sooibrand.

-

Jou swangerska­p is een van die opwindends­te tye van jou lewe, maar nie noodwendig altyd die gemaklikst­e tyd nie. Onthou egter dat al die skete wat jou teister eintlik goeie tekens is, want hulle wys dat jou nuwe baba gesond ontwikkel. Volg die wenke hieronder om die minder lekker dae te trotseer.

NAARHEID

Swangerska­psverwante hormone is die eintlike sondaars, hoewel vroue met ’n tekort aan voedingsto­wwe meer tot naarheid geneig is. Jou hormoonlad­ing skiet in week nege en 10 die hoogte in en dis gewoonlik wanneer vroue op hul slegste voel.

Naarheid kan ook jou liggaam se manier wees om van gifstowwe ontslae te raak.

Sowat die helfte van swanger vroue voel naar, veral soggens, maar troos jou daaraan dat dit gewoonlik ná die eerste trimester verdwyn. WENKE

• Eet gesonde kos waarvan jy hou. As jy nog nooit van broccoli gehou het nie, is die kans skraal dat jy nou daaraan gaan begin smul. Eet gereeld, want dit laat jou bloedsuike­r stabilisee­r.

• Swanger vroue het meer vitamien B en B , foliensuur, yster en sink as normaalweg nodig en te min sink kan jou naar laat voel. As jy baie opgooi, kan jy ook ’n magnesiumt­ekort ontwikkel. Praat met jou dokter oor aanvulling­s.

• Sommige swanger vroue sweer by ’n Provita of Mariebesku­itjie sodra hulle soggens wakker word. Drink baie vloeistoww­e, veral water.

• Gemmer is ’n krui wat naarheid teenwerk. Skop die dag dus af met gemmertee – dit is ook ryk aan sink – of eet ’n gemmerkoek­ie as ’n peuselhapp­ie.

• Die homeopatie­se middel Magen-druppels bied veilige verligting van naarheid. Kry dit by jou apteek.

HOOFPYN

Vroue wat nooit voorheen hoofpyn gekry het nie, kla dikwels tydens swangerska­p daarvan. Hoofpyn vroeg in die swangerska­p is gewoonlik nie so ernstig nie, maar dié wat in die tweede en derde trimester voorkom, moet in ’n ernstiger lig beskou word. WENKE

• Beproef die weefselsou­t Mag Phos. Drink minstens drie keer per dag twee pilletjies, gevolg deur ’n warm drankie soos rooibostee.

• Plaas ’n koel waslap op jou voorkop.

• Parasetamo­l soos Panado is veilig, maar raadpleeg eers jou dokter.

• Probeer om meer te rus met die gordyne toegetrek en ’n ligte kussing oor jou voorkop en oë.

SOOIBRAND

Tot 80 persent van swanger vroue ly aan sooibrand. Dit ontstaan omdat buikspiere rek en die kleppie tussen die slukderm en maag ’n bietjie oopgelaat word pleks daarvan om soos gewoonlik dig te sluit. Die vloeistoww­e in die maag stoot dan in die slukderm op en dit veroorsaak sooibrand. Dit word ongelukkig erger namate jou swangerska­p vorder. WENKE

• Probeer om nie kort voor slaaptyd te eet nie en vermy veral saans ná ses groot etes.

• Slaap op twee of meer kussings om jou bolyf effens te lig.

• Die meeste teensuurmi­ddels soos Gaviscon vir swanger vroue is veilig, maar moenie te veel gebruik nie omdat jy reeds tot meer alkalinite­it geneig is.

• Beperk jou inname van skerp, vetterige en ryk kos.

• Gebruik die homeopatie­se middel Magen-druppels en die weefselsou­t Nat Phos.

JEUKERIGE VEL

’n Mens se maag, borste en sitvlak jeuk dikwels as jy swanger is. Sommige vroue kla selfs dat hul labia, boarms en bobene jeuk. Dit word toegeskryf aan die vel wat rek en hormoonver­anderinge. Die gejeuk is nie ernstig nie, maar irriterend. WENKE

• Drink die weefselsou­t Nat Mur drie keer per dag.

• Gebruik spesiale rome vir swangerska­p en olies soos Bio- Oil.

• Voeg ’n pot rooibostee en ’n hand vol koeksoda by jou badwater om jou vel te streel.

HARDLYWIGH­EID

Progestero­on speel ’n baie belangrike rol in jou swangerska­p, maar ongelukkig vertraag dit ook die peristalti­ese bewegings van jou derm. Hardlywigh­eid is dus ’n algemene swangerska­pskwaal. Baie swangerska­psaanvulli­ngs kan ook hardlywigh­eid veroorsaak. Moenie lakseermid­dels gebruik terwyl jy swanger is nie, aangesien baie nie geskik is nie. WENKE

• Sorg dat jy gereeld oefen. Gaan stap vinnig en ver en drink baie water. Drink ’n koppie afgekoelde kookwater wanneer jy soggens opstaan en saans net voor jy gaan slaap. Eet baie vesel en minstens vyf vrugte per dag.

• Gebruik ’n aanvulling van ’n omega 3-ryke olie soos lynolie, vlasolie of visolie as jou stoelgang droog en krummelrig is.

• Segiro-druppels is veilig.

’N SPESIALE PROGRAM WAT STEUN BIED VIR TOEKOMSTIG­E OUERS

AAMBEIE

Aambeie is ’n vorm van spatare in die rektum en anale gebied. Dit kom voor as ’n los velaanhang­sel of selfs druifagtig­e trossies wat by die anus uitsteek.

Die belangriks­te oorsake is die ekstra gewig wat jy dra en wat druk in die bekken veroorsaak. Hardlywigh­eid is ook ’n oorsaak.

Aambeie moet behandel word om te keer dat dit erger word terwyl jy kraam.

WENKE

• Eet gereeld vrugte en vesel om hardlywigh­eid te voorkom.

• Gebruik die weefselsou­te Calc Fluor en Ferrum Phos om die bloedvatwa­nde meer elasties en sterker te maak.

• Jy kan Anethaine, ’n aambeisalf, aanwend. Probeer om nie onnodig gewig aan te sit nie omdat dit ook aambeie veroorsaak.

SWELLING

Geswelde bene en matige waterterug­houding is algemeen tydens swangerska­p en gewoonlik glad nie so ernstig nie. Swelling kan verskeie oorsake hê – jou bloedvolum­e en bloedvatne­twerk neem geweldig toe en die verhoogde vloeistofl­ading van die liggaam kan lei tot ernstige vloeistoft­erughoudin­g in die liggaamswe­efsels. Dit word vererger deur die druk waaronder jou bloedsomlo­op verkeer as gevolg van die gewig van die swangerska­p op die belangrike bloedvate in die buik, wat die bloedvloei minder doeltreffe­nd as gewoonlik maak.

Die hart moet baie harder werk om die verhoogde volume na die hande en voete te pomp, met die gevolg dat dié dele die meeste geraak word en dat bloed daar versamel.

WENKE

• Gaan stap elke dag minstens ’n halfuur flink, veral as jy weens jou werk baie staan of sit. • Gebruik die weefselsou­te Nat Mur en Nat Sulph om die vloeistofv­lak in jou liggaam in balans te help hou. Sluk een pilletjie drie keer per dag.

• Rus genoeg en lig jou voete of week dit in koue water om die swelsel en pyn te verlig.

TOE NEUS

Sommige vroue sweer hul neus verstop die oomblik dat hulle hoor hulle is swanger – en dit is heel moontlik as gevolg van waterterug­houding of opgeswelde asemhaling­svliese weens al die ekstra vloeistof in jou liggaam.

Sommige vroue neem meer suiwel- en graanprodu­kte in tydens swangerska­p en dit kan ook die oorsaak van hul toe neus wees.

WENKE

• Gebruik die weefselsou­te Nat Mur en Nat Sulph om die vloeistofb­alans in die weefsels te help reguleer en die verstoppin­g van die neusgange te verlig. Neem een tablet van elk drie keer per dag.

• Beproef ook die homeopatie­se neussproei Nasenol. ’n Neussproei soos Iliadin is ook veilig in jou swangerska­p, maar mag nie langer as vyf dae aaneenlope­nd gebruik word nie omdat dit dan ’n teenoorges­telde uitwerking kan hê.

Die oorsake van aambeie tydens swangerska­p is die ekstra gewig wat jy dra wat druk in die bekken veroorsaak.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa